Wednesday, 22 April 2009

Geluk met jou verjaardag Sebil.

Baie geluk met jou verjaardag Sebil.
Jy moet 'n baie, baie lekker dag hê.
Jy word nie ouer nie net mooier!
Mis julle baie.

Sunday, 12 April 2009

Lientjie baie Geluk met jou Negende Verjaardag!!!

Nie eers met blog is ek so gereeld soos met ons "gesinsVerjaardagtradisie"nie ..en dit is om die Verjaardagsussie,boetie of Pappa met 'n selfgemaakte, VERLIGTE koek wakker te sing!

Celine het natuurlik nie verwag nie dat dit hierdie jaar sou realiseer nie..want mamma was heeldag uit..(Ester..Ken jou naam konferensie-Wat 'n GESEENDE Inspirerende DAG!!! ), ons 5 vroue van Al Ain het lekker terug huistoe verdwaal(nie volgens die GPS nie) en eers 21:00 huisgekry..maar meer daarvan later..

Gelukkig het Pappa heeldag "vry" gehad en opdrag gekry om solank die koek te bak...sodat mamma net kan kom pleister... Daar breek die wasmasjien, die lugversorger reen emmers WATER op die spieelkas, kids moet eet en.. en... en die horlosie stap aan..ek hoor Pa het omtrent gestress..gelukkig kom Pappa se maatjie..ook 'n pappa...tot sy redding en terwyl Lien se pappa "handyman",mamma en huisvrou speel ,bak Oom Pieter sommer gou-gou Celine se koek...



Ja julle, mense wil weet of ons nog nie van Al Noor Bakery gehoor het nie.. dis net nie dieselfde nie.. die skepping is profesioneel, die smaak seker ook en boonop alles stressvry..maar waar's die liefde???..party sal weet wat ek bedoel..My Skat.. BAIE BAIE Dankie vir jou LIEFDE! Pieter Baie Dankie vir jou reddingsdaad!

Veels Geluk Liewe Celine omdat jy VERJAAR!!!

Baie Geluk ou Lien! Mag jy altyd so 'n aansteeklike sonstraal glimlaggie hê!Mag die Here jou oorvloediglik seën sodat jy jou doel sal leer ken en voluit sal leef vir Hom!

Nou is dit opstaantyd vir 'n FUN...stressvrye WATERPARKdag!!!