Saturday, 12 September 2009

Die groot storm na die TAG gepos is...

2 Dae terug ry ek en die kinders dorp toe en luister na Laurika se musiek en die kinders sing uit volle bors..." ..stuur ons net so bietjie reën..", ja ons smag na 'n paar druppels afkoel in hierdie snikkende hitte..

Gister werk ek toe aan die blog-TAG terwyl die kinders televisie kyk en ek hoor erge donderweer maar ek dog dis die televisie wat so hard is... tot die kinders begin gil en skree dat dit gaan reën..
Toe ek by die venster uitkyk was dit net sand en wind, die kinders het die reëndans op die stoep gedoen en toe val die druppels, selfs die hondekinders het gejubel!!! Vir die van julle wat dink ons is mal..ja ons is mal...vir reen omdat dit so min gebeur hier, elke keer wat dit reen is vir ons soos 'n eerste keer! (fotos is heelonder, ek kry dit nie opgeskuif nie..die ou wat moet help is by die werk..)
###
Die druppels het nou wel na 10 minute opgedroog maar die lekker briesie daarna het vergoed..min wetend watter skade in die dorp aangerig is, dit het ons eers vanoggend aanskou..


palmboom onthoof..strate was besaai met palmtakke..die kinders reken dit het so gelyk waar die mense palmtakke vir Jesus op die pad gegooi het..
..karre het gestop en mens het takke uit die strate verwyder...

..straatlampe is omgewaai...
..takke is afgeslaan..
..advertensieborde is omgewaai...
..die Sloan's het groot geskrik om te weet weerlig kan so kragtig wees..
..groot bome is ontwortel...
..Crispin kon die versoeking nie weerstaan om deur die plasse te hardloop nie!

..padtekens omgewaai..

Die kinders doen die reëndans...
Daar is niks so lekker soos die reuk van REEN nie!!!
Het daar dalk ook so iets in Abu Dhabi gebeur? As dit net hier in Al Ain was kan dit dalk wees omdat daar geblog is...








Friday, 11 September 2009

TAGS


Sandra het my "getag"..omdat dit al ?manier is om enige nuus van ons blog af te kry behalwe Verjaarsdagnuus..

Ek is nie 'n baie "consistent" mens nie, dis waarom ek nie so gereeld blog nie, maar as ek "huiswerk" kry hou ek daarvan om dit te doen..

Nou ja ek is getag om Sandra in EEN woord op te som! Eers het ek gedink dit is sommer 6 minute se huiswerk, maar toe neem my gedagtes my 6 jaar terug toe ons mekaar ontmoet het..

...Sjoe dis moeilik om jou nèt in EEN woord te beskryf... Charmaine jy gaan laaaank besig bly..21 jaar is 'n lang tyd!

Ek't 'n lysie begin maak van hoe ek jou kan omskryf..en toe heel verbasend spel dit jou NAAM uit!!!!


S- Streng, Sagmoedig, Spontaan, Stuur"vrou"...

A- Altyd daar, Aangenaam, Allerbeste..

N- Niks Nonsens(behalwe as dit nou by dadels kom), Nederig

D- DEEGLIK, DOELGERIG, DIENSBAAR, DIERBAAR, DISSIPEL, DIEP...

R- "Reliable", Reguit, Respektabel, Raakvatter, REISBURO..jy wys ons altyd plekke op jou blog!

A- Agtermekaar, Aktief, ..altyd 'n antwoord!


.....my Toevoegsel/Tag opdrag was toe heel interessant, dit laat mens nogal heel dieper kyk na mense wat ons eintlik as vanselfsprekend aanvaar in ons lewens..dit laat my net weereens besef dat dit Ons Vader se doel is om ons paaie met mekaar te laat kruis..en as ons Sy doel uitleef..om DEUGSAAM te wees kan ons ander se lewens ten goede verander en aanvul volgens SY WIL...


Sandra die woord waarmee ek jouwil omskryf is DEUGSAAM!!! Dankie vir die verskil wat jy in my lewe en ook baie ander se lewens maak!