
Sandra het my "getag"..omdat dit al ?manier is om enige nuus van ons blog af te kry behalwe Verjaarsdagnuus..
Ek is nie 'n baie "consistent" mens nie, dis waarom ek nie so gereeld blog nie, maar as ek "huiswerk" kry hou ek daarvan om dit te doen..
Nou ja ek is getag om Sandra in EEN woord op te som! Eers het ek gedink dit is sommer 6 minute se huiswerk, maar toe neem my gedagtes my 6 jaar terug toe ons mekaar ontmoet het..
...Sjoe dis moeilik om jou nèt in EEN woord te beskryf... Charmaine jy gaan laaaank besig bly..21 jaar is 'n lang tyd!
Ek't 'n lysie begin maak van hoe ek jou kan omskryf..en toe heel verbasend spel dit jou NAAM uit!!!!
S- Streng, Sagmoedig, Spontaan, Stuur"vrou"...
A- Altyd daar, Aangenaam, Allerbeste..
N- Niks Nonsens(behalwe as dit nou by dadels kom), Nederig
D- DEEGLIK, DOELGERIG, DIENSBAAR, DIERBAAR, DISSIPEL, DIEP...
R- "Reliable", Reguit, Respektabel, Raakvatter, REISBURO..jy wys ons altyd plekke op jou blog!
A- Agtermekaar, Aktief, ..altyd 'n antwoord!
.....my Toevoegsel/Tag opdrag was toe heel interessant, dit laat mens nogal heel dieper kyk na mense wat ons eintlik as vanselfsprekend aanvaar in ons lewens..dit laat my net weereens besef dat dit Ons Vader se doel is om ons paaie met mekaar te laat kruis..en as ons Sy doel uitleef..om DEUGSAAM te wees kan ons ander se lewens ten goede verander en aanvul volgens SY WIL...
Sandra die woord waarmee ek jouwil omskryf is DEUGSAAM!!! Dankie vir die verskil wat jy in my lewe en ook baie ander se lewens maak!

3 comments:
Nou na wat jy alles hier gese het wat bly daar oor vir my om te se? :-)
Jy het dit baie mooi saam gevat.
lekker week!
Mariette dis eintlik net 'n druppel in die emmer teenoor Charmaine se omskrywing..2 dekades se belewenisse saam!
Lekker week vir julle ook!
Dankie Vicky. Jy moes nou nie 'n opstel geskryf het nie, jy maak my ernstig skaam voel.
Dankbaar dat jy my nie tag nie want ek weet beslis nie hoe om jou in een woord te beskryf nie. Ek's blessed om jou as 'n vriendin te he en jy's beslis iemand op wie se knoppie mens altyd en enigetyd kan druk.
Post a Comment