Ons woon in 'n land wat sy eie tipe skoonheid het. Hoe die Israeliete dit reg gekry het om vir 40 jaar te trek in die woestyn weet ek nie. Dit moes maar onaangenaam gewees het. Maar jou straf is jou straf, of hoe?Ek dink ons wat die natuur in 'n ander perspektief gesien en beleef het deur ons groot word jare in Suid Afrika het maar 'n groen streuk in ons. Mooi groen bly maar mooi groen. Dalk is ek nou al te lank hier in die land. Elke somer belowe ek myself dis die laaste en dan kom die winter en dan gaan ons maar weer aan :-). Wonder wat ek volgende somer gaan sê? Het ek maar.....
Ons het sommer so laat middag saam met ons vriende in die woestyn gaan ry vir so uur en dit was weer lekker om bietjie in die sand te wees. Ons het ons hond Buddy saam gevat. Ons ander hond Sasha is te kwaai en sy sal sommer die Arabiere begin jaag as hulle met hulle quad bikes verby kom
Hier is almal bymekaar en wiele is afgeblaas en ons is reg vir die sand.
Die kameras is uit en dis net Paparazzi styl wat die knoppies gedruk word. Laat my dink aan iemand wat ek ken daar in Abu Dhabi :-)
Tyd vir 'n blaas kans op die sand hoop.
Klein nooi en haar hond....Sy tong hang omtrent amper op die grond. Buddy geniet omtrent altyd die sand en hy kan nie stil sit nie. Was gelukkig om die foto saam te kry van die twee.

Die kleintjies besluit dat hulle bietjie toe gegooi wil word met sand.
Moenie dat die "pose" julle fool nie. Daar is ek so moeg van die duin uitklim!
Crispin besluit hy wil ook probeer. Hy kry dit beter reg as wat ek kon. Klein energie bondeltjie.

Die son sak en dit is tyd om uit te gaan en huiswaarts te keer.
Die ding moet 'n mens meer doen, maar doen ons dit....?
NEE ons doen nie. Ai die menslike natuur....