Ek het al vir julle voorheen vertel van my werk. Ek dink nie daar is nog so werk waar 'n mens 2 dae by die werk sit en wag vir iets om te gebeur nie en dan boonop 4 dae af te wees daarna nie. Soveel tyd het ek dat ek nou begin leer het aan 'n graad net om iets te doen want die oproepe is min.
Julle sien ons werk vir die weermag en word net uit geroep as daar regtig 'n probleem is. Die polisie is besiger as wat ons is.
Ons is deur die week 2 ouens( Paramedics) per dag. So ons grootste taak is om ons toerusting deur te gaan en daarna as daar nie 'n oproep is waarop ons moet gaan nie :-) dan moet ons nou besluit watter DVD ons gaan kyk vir die dag, of watter rekenaar speletjie om te speel, of wat op die internet aangaan. Lekker is ook net vir so lank lekker en dan raak dit af gesaag. Ek kla nie hoor want dit gaan net so vir 'n rukkie dan raak dit weer beter. Veral as daar 'n nuwe speletjie of fliek is ;-) Die af tye by die huis is beter om dan saam met my liefste mensies te wees.
Hier is Darren, wat ons dag skof Paramedic is, sommer verspot.

Destyds toe ek die Here gevra het of ek nie asseblief 'n werk kan kry waar ek nie so baie uit is op oproepe nie, het ek nie verwag dat Hy my so sal seën dat ek so cosy sal wees nie. Dankie VADER vir my werk en al my tyd wat ek het om saam met my gesin te kan wees, ek WAARDEER dit baie!!

2 comments:
Lekker vir ons ook, dan kan ons jou "huiswerk" gee wanneer jy veronderstel is om te werk. Het jy al jou naslaanwerk gedoen oom?
Dis 'n goeie tyd om te swot.. en as jy begin raak jy dalk besig by die werk ook. Dis mos hoe dit werk :-)
Post a Comment