Monday, 30 November 2009

'n Vinnige woestyn trippie

Ons woon in 'n land wat sy eie tipe skoonheid het. Hoe die Israeliete dit reg gekry het om vir 40 jaar te trek in die woestyn weet ek nie. Dit moes maar onaangenaam gewees het. Maar jou straf is jou straf, of hoe?Ek dink ons wat die natuur in 'n ander perspektief gesien en beleef het deur ons groot word jare in Suid Afrika het maar 'n groen streuk in ons. Mooi groen bly maar mooi groen. Dalk is ek nou al te lank hier in die land. Elke somer belowe ek myself dis die laaste en dan kom die winter en dan gaan ons maar weer aan :-). Wonder wat ek volgende somer gaan sê? Het ek maar.....
Ons het sommer so laat middag saam met ons vriende in die woestyn gaan ry vir so uur en dit was weer lekker om bietjie in die sand te wees. Ons het ons hond Buddy saam gevat. Ons ander hond Sasha is te kwaai en sy sal sommer die Arabiere begin jaag as hulle met hulle quad bikes verby kom
Hier is almal bymekaar en wiele is afgeblaas en ons is reg vir die sand.

Die kameras is uit en dis net Paparazzi styl wat die knoppies gedruk word. Laat my dink aan iemand wat ek ken daar in Abu Dhabi :-)

Tyd vir 'n blaas kans op die sand hoop.


Klein nooi en haar hond....Sy tong hang omtrent amper op die grond. Buddy geniet omtrent altyd die sand en hy kan nie stil sit nie. Was gelukkig om die foto saam te kry van die twee.

Die kleintjies besluit dat hulle bietjie toe gegooi wil word met sand.

Moenie dat die "pose" julle fool nie. Daar is ek so moeg van die duin uitklim!

Crispin besluit hy wil ook probeer. Hy kry dit beter reg as wat ek kon. Klein energie bondeltjie.


Die son sak en dit is tyd om uit te gaan en huiswaarts te keer.

Die ding moet 'n mens meer doen, maar doen ons dit....?

NEE ons doen nie. Ai die menslike natuur....

Wednesday, 11 November 2009

Lekkerste werk

Ek het al vir julle voorheen vertel van my werk. Ek dink nie daar is nog so werk waar 'n mens 2 dae by die werk sit en wag vir iets om te gebeur nie en dan boonop 4 dae af te wees daarna nie. Soveel tyd het ek dat ek nou begin leer het aan 'n graad net om iets te doen want die oproepe is min.
Julle sien ons werk vir die weermag en word net uit geroep as daar regtig 'n probleem is. Die polisie is besiger as wat ons is.
Ons is deur die week 2 ouens( Paramedics) per dag. So ons grootste taak is om ons toerusting deur te gaan en daarna as daar nie 'n oproep is waarop ons moet gaan nie :-) dan moet ons nou besluit watter DVD ons gaan kyk vir die dag, of watter rekenaar speletjie om te speel, of wat op die internet aangaan. Lekker is ook net vir so lank lekker en dan raak dit af gesaag. Ek kla nie hoor want dit gaan net so vir 'n rukkie dan raak dit weer beter. Veral as daar 'n nuwe speletjie of fliek is ;-) Die af tye by die huis is beter om dan saam met my liefste mensies te wees.
Hier is Darren, wat ons dag skof Paramedic is, sommer verspot.

Destyds toe ek die Here gevra het of ek nie asseblief 'n werk kan kry waar ek nie so baie uit is op oproepe nie, het ek nie verwag dat Hy my so sal seën dat ek so cosy sal wees nie. Dankie VADER vir my werk en al my tyd wat ek het om saam met my gesin te kan wees, ek WAARDEER dit baie!!

Saturday, 12 September 2009

Die groot storm na die TAG gepos is...

2 Dae terug ry ek en die kinders dorp toe en luister na Laurika se musiek en die kinders sing uit volle bors..." ..stuur ons net so bietjie reën..", ja ons smag na 'n paar druppels afkoel in hierdie snikkende hitte..

Gister werk ek toe aan die blog-TAG terwyl die kinders televisie kyk en ek hoor erge donderweer maar ek dog dis die televisie wat so hard is... tot die kinders begin gil en skree dat dit gaan reën..
Toe ek by die venster uitkyk was dit net sand en wind, die kinders het die reëndans op die stoep gedoen en toe val die druppels, selfs die hondekinders het gejubel!!! Vir die van julle wat dink ons is mal..ja ons is mal...vir reen omdat dit so min gebeur hier, elke keer wat dit reen is vir ons soos 'n eerste keer! (fotos is heelonder, ek kry dit nie opgeskuif nie..die ou wat moet help is by die werk..)
###
Die druppels het nou wel na 10 minute opgedroog maar die lekker briesie daarna het vergoed..min wetend watter skade in die dorp aangerig is, dit het ons eers vanoggend aanskou..


palmboom onthoof..strate was besaai met palmtakke..die kinders reken dit het so gelyk waar die mense palmtakke vir Jesus op die pad gegooi het..
..karre het gestop en mens het takke uit die strate verwyder...

..straatlampe is omgewaai...
..takke is afgeslaan..
..advertensieborde is omgewaai...
..die Sloan's het groot geskrik om te weet weerlig kan so kragtig wees..
..groot bome is ontwortel...
..Crispin kon die versoeking nie weerstaan om deur die plasse te hardloop nie!

..padtekens omgewaai..

Die kinders doen die reëndans...
Daar is niks so lekker soos die reuk van REEN nie!!!
Het daar dalk ook so iets in Abu Dhabi gebeur? As dit net hier in Al Ain was kan dit dalk wees omdat daar geblog is...








Friday, 11 September 2009

TAGS


Sandra het my "getag"..omdat dit al ?manier is om enige nuus van ons blog af te kry behalwe Verjaarsdagnuus..

Ek is nie 'n baie "consistent" mens nie, dis waarom ek nie so gereeld blog nie, maar as ek "huiswerk" kry hou ek daarvan om dit te doen..

Nou ja ek is getag om Sandra in EEN woord op te som! Eers het ek gedink dit is sommer 6 minute se huiswerk, maar toe neem my gedagtes my 6 jaar terug toe ons mekaar ontmoet het..

...Sjoe dis moeilik om jou nèt in EEN woord te beskryf... Charmaine jy gaan laaaank besig bly..21 jaar is 'n lang tyd!

Ek't 'n lysie begin maak van hoe ek jou kan omskryf..en toe heel verbasend spel dit jou NAAM uit!!!!


S- Streng, Sagmoedig, Spontaan, Stuur"vrou"...

A- Altyd daar, Aangenaam, Allerbeste..

N- Niks Nonsens(behalwe as dit nou by dadels kom), Nederig

D- DEEGLIK, DOELGERIG, DIENSBAAR, DIERBAAR, DISSIPEL, DIEP...

R- "Reliable", Reguit, Respektabel, Raakvatter, REISBURO..jy wys ons altyd plekke op jou blog!

A- Agtermekaar, Aktief, ..altyd 'n antwoord!


.....my Toevoegsel/Tag opdrag was toe heel interessant, dit laat mens nogal heel dieper kyk na mense wat ons eintlik as vanselfsprekend aanvaar in ons lewens..dit laat my net weereens besef dat dit Ons Vader se doel is om ons paaie met mekaar te laat kruis..en as ons Sy doel uitleef..om DEUGSAAM te wees kan ons ander se lewens ten goede verander en aanvul volgens SY WIL...


Sandra die woord waarmee ek jouwil omskryf is DEUGSAAM!!! Dankie vir die verskil wat jy in my lewe en ook baie ander se lewens maak!



Saturday, 08 August 2009

Agteros se handskrif...

Charmaine het my baie lank terug getag om my handskrif te sien..gaan lees op Charmaine en Sandra se blog( let wel gaan kyk by older post..dis baie lank terug gedoen)
Julle sal 'n link kry om meer oor jou handskrif en sommer ook jou persoonlikheid te leer, baie interessant en die moeite werd om te gaan grou in die ouer pos.

Ek is links...tot baie mense se frustrasie, veral my juffrou wat my moes leer brei..ek kan nou nog nie brei nie! Almal het alles probeer, soos om my voor 'n spieël te laat sit en my ma agter my om die konsep van brei reg te kry maar helaas! Ek hoef seker nie uit te brei hoe ek gril vir die gevoel en die "gesqueak" van wol nie! Simpel goed soos broodsny..almal weet as ek die brood beetgehad het, dankie tog vir gesnyde brood! Maar vir werk staan my hande glad nie agteruit nie!

Thursday, 16 July 2009

Lekker pamper by die Spa

Ai die lewe is darem maar lekker julle. Dis sommer so bevrydend om nou in die moderne tye te lewe en veral in die land, met die Arabiere wat so verfynd is, en nie uit te voel om ook so nou en dan gepamper te word nie. 'n Man is mos maar snaaks met sulke goed. Jy is mos " Tough " en sulke dinge is nie vir manne nie sal sommige mans nog sê.

Maar boys ek wil vir julle sê.....As jy in die Spa 'n draai maak, gaan dit jou nie 'n sissie maak nie want dit is nou maar een maal........."LEKKER!!!!!!"
My wederhelf het my getreat vir 'n "Hot Stone massage" en 'n "Marine Foot Spa". Ek is nou so kalm en rustig die wêreld kan nou maar vergaan ek sal nie omgee nie. Dit was Awesome....

Baie dankie my Engel, Dit was 'n belewenis gewees.....Jy is die beste!!
Jou Pa en Ma het waarheid gepraat....Jy is Great! Dit is maar net lekker om met jou getroud te wees!!

Wednesday, 15 July 2009

Baie Geluk met jou Verjaardag my man!

Ek wens vir jou "GENOEG"...op jou spesiale dag en die jaar en baie jare vorentoe...sodat jy vir altyd 'n gevoel van tevredenheid sal hê...
Ons hoop jy geniet jou "pamper" vandag!!!
..because you are worth it..
Baie geluk met jou Verjaardag!!! Mag die Here jou seën en nog baie oud laat word saam met ons, so oud dat jy sal dink jou kinders se kleinkinders word nou oud!
Lief jou BAIE!!!
38383838383838383838


Thursday, 11 June 2009

Lekker verjaar Hekkie

Baie geluk met jou verjaardag Hekkie. Hoop jy het 'n baie lekker verjaardag en dat jou dag sommer super lekker is. Alles wat mooi is vir jou.

Baie geluk met jou verjaardag Ricky

Baie geluk met jou verjaardag my Sussie. Mag die Here jou seën en nog baie jare vir ons gespaar hou. Ons is baie lief vir jou en verlang baie. Ons hoop jy het 'n baie lekker dag.

Wednesday, 10 June 2009

Foto kullery

Dis nogal wonderlik hoe mens jou gewone fotos kan vat en dit net invoeg by 'n ander konteks en dit lyk sommer net anders, sommer proffesioneel. Hier onder lyk dit soos 'n kunstenaar wat besig is om 'n pastel skilder te skep van 'n foto af. Maar die program is so geskryf dat hy die gesig sal vat wat die meeste uitstaan en dit sal lyk of die man dit eerste teken.
Hier is Crispin se gesig sommer ingesit om as Superman te lyk...

...En hier is hy sommer die agtergrond foto van 'n roomys plek.

Hier is Celandre en Celine in 'n winkel venster. Lyk sommer eg of hoe?


Hier is hulle in 'n Art Studio.

Gaan probeer gerus sommer self. Die adress is www.photofunia.com. Dis sommer groot pret hoor. Daar is 'n snaakse een met Vicky se gesig by die adres http://i41.tinypic.com/bbmeg.gif

Sunday, 07 June 2009

Ons Huweliksherdenking..

Dit voel of ons van altyd net saam is en bymekaar is...maar as mens die fotos kyk en wiskunde doen besef mens die jare het aangestap...
8 Junie 1996
Love is a symbol of eternity. It wipes out all sense of time, destroying all memory of a beginning and all fear of an end..


Trip over love and you can get up. Fall in love and you fall forever!

..a successful marriage requires falling in love many times, always with the same person...

ek val aaneen... Baie dankie vir Alles my man, jy is my sielsgenoot van altyd af...

ek sal jou hart vir ewig veilig bewaar...

Verjaardag Meisie

As daar nou een ding wat tradisie is in ons huis( Dis nie my idee nie) is dit om die verjaardag mensie wakker te sing met ons lekker vals stemme vir 'n lekker begin van hulle spesiale dag. Ek het so lekker gelag want Vicky het gesê sy gaan maak of sy slaap en wanneer ons dan wil begin sing gaan sy ons voorspring. Ek het baie vroeg op gestaan en nogal gesukkel om die kinders aan die gang te kry. Vroeg is maar vroeg hoor!

Toe ons instap toe sien ek nee wat sy slaap vas. Ons moes harder sing net om 'n roering te kry en toe uiteindelik ontwaak dit......

Wat julle nie kan sien nie is dat Celandre agter gereed staan met die brandblusser, just in case! Net 'n grappie, maar hoor hier dit raak nou gevaarlik met die kerse saam. Teen die tyd dat jy alles aan gesteek het dan het die eerstes al uitgebrand. Hulle maak ook nie meer kerse soos hulle dit gemaak het nie.

Ons moes net vensters oopmaak na die kerse uit geblaas is. Smoking!!!


Tyd vir presente oopmaak en Crispin lê ook nader. Ons verjaardag girl is nog lekker deur die slaap. Almal was sommer so lam gewees en ek besluit toe hier het ons,


"KOFFIE" nodig.............

Kyk net hoe glimlag dit. Die kafeine doen sy ding.

My Engel dis lekker om dit vir jou ook spesiaal te maak.....altyd!

Baie geluk met jou verjaardag my Skat!

Baie geluk met jou verjaardag my Engel.
Mag jy jou dag baie geniet en mag ons Vader jou sommer op seën.


Thursday, 28 May 2009

Tannie Annatjie Verjaar!!!

Baie Geluk met Tannie se Verjaarsdag!

Mag Tannie met gesondheid, geluk en hope liefde geseën word!

Tonne liefde,

Greg, Vicky, Celandre, Celine & Crispin

Tuesday, 19 May 2009

Ditjies en Datjies

Ons het 'n bietjie lanklaas geblog, was bietjie besig..het getrek, met vakansie gegaan..o ja en bietjie skoolgehou ook..
So ek gaan probeer om net so bietjie fotos op te sit sodat almal kan sien ons is nog OK en baie besig..

Dubai Sevens
Greg en Celandre saam met 1 van die Bokkies..
Celandre en Celine saam die "nursies"

Celandre, Celine en Florencia saam die pienk manne! Celine lyk heel "embarrased" om saam die pienk "DARE TO BE DIFFERENT" manne gesien te word..of is dit oor die Argentynse vlag oor daardie gesiggie?..
SEVEN'S
Wat 'n gesig..Crispin oefen solank vir die All Blacks se "mean face" Haka.
***