Saturday, 16 February 2008

Bok en Celine in die Al Ain Times....

Ons het hierdie gescan so dis nie van die besete gehalte nie! dubbekliek net op die artikel om te lees, heel lekker leesstof!



Celine lyk heel "starsruck" Ons vir jou Suid-Afrika!

Wednesday, 13 February 2008

Met die Bok van Blerk konsert toe Kom Lana by my aan en vra vir die kamera. Heel opgewonde ruk sy my uit my droom wêreld soos ek staan en luister na Bok se liedjie "Praat nog steeds my Taal". Ek dog amper hier is iemand baie belangriker as Bok soos Bono van U2 of so iets soos sy aan gaan!! Trippel rond hier voor my soos iemand wat 'n groot piepie het en nie gou genoeg by 'n toilet kan uitkom nie toe ek sukkel om die kamera uit my sak te kry.

Dis toe al die tyd Sean Els van Eden wat ou Bok se bestuurder is wat daar rondstaan en met almal klets.
Vicky besluit op slag moet sy ook 'n foto inkry saam met hom.

Lana en Aneldasaam met Sean. Dis net Tande met Lana saam. Lyk my Sean is maar 'n kort outjie as jy hom so tussen die girls sien.

Ja nee as jy 'n kans kry moet jy hom vat. Dit gebeur nie elke dag nie. More sit ek 'n foto in wat ek gaan scan van die Al Ain Koerant wat uit gekom het met 'n foto van die skare en wie staan heel voor tussen die skare in die middel van die foto?? Celine!! Whooaaa!!

Sunday, 10 February 2008

Ons moeg outjie

Nou die dag toe gaan haal ek vir Crispin by die skool. Gewoonlik dan raak hy al aan die slaap terwyl ons huis toe ry. Maar hy was nogal wakker die dag en met ons aankoms by die huis sê hy dat hy "byt" wil hê. Sy woord vir ontbyt.

Ek gooi toe vir hom sy gunsteling, Rice Crispies, in want hy wil niks weet nie behalwe sy "byt".

Ek gesels met hom land en sand terwyl ek aan gaan in die kombuis. Skielik toe praat hy nie meer terug nie en ek draai om sodat ek kan sien hoekom die mannetjie nou so stil is, en dis wat ek toe sien:



Vas aan die slaap op die stoel. Soveel vir snap, crackle en pop.

Monday, 04 February 2008

Celandre word 9!!

Dis ongelooflik hoe vinnig die tyd aanstap. 5 jaar gelede toe ons hier aan gekom was ons kinders nog so klein en nou het hulle al groot geword.

Baie geluk met jou verjaardag Celandre. Ons bid dat ons nog baie sulke lekker oggende gaan hê. Mag die Here jou ryklik seën op jou spesiale dag.
Die koek is gebak en reg
Sukkel-sukkel word sy stadig aan wakker......
...En toe sneuwel die kerse!!!!
Nou is sy wakker en dis net "smiles" hoor.
Daar is altyd tyd vir 'n gesins foto...nê Crispin??
Nou skool toe en werk toe!