Met die Bok van Blerk konsert toe Kom Lana by my aan en vra vir die kamera. Heel opgewonde ruk sy my uit my droom wêreld soos ek staan en luister na Bok se liedjie "Praat nog steeds my Taal". Ek dog amper hier is iemand baie belangriker as Bok soos Bono van U2 of so iets soos sy aan gaan!! Trippel rond hier voor my soos iemand wat 'n groot piepie het en nie gou genoeg by 'n toilet kan uitkom nie toe ek sukkel om die kamera uit my sak te kry.Dis toe al die tyd Sean Els van Eden wat ou Bok se bestuurder is wat daar rondstaan en met almal klets.
Vicky besluit op slag moet sy ook 'n foto inkry saam met hom.
Lana en Aneldasaam met Sean. Dis net Tande met Lana saam. Lyk my Sean is maar 'n kort outjie as jy hom so tussen die girls sien.
Ja nee as jy 'n kans kry moet jy hom vat. Dit gebeur nie elke dag nie. More sit ek 'n foto in wat ek gaan scan van die Al Ain Koerant wat uit gekom het met 'n foto van die skare en wie staan heel voor tussen die skare in die middel van die foto?? Celine!! Whooaaa!!
No comments:
Post a Comment