Vir almal wat wonder, Nee ons het nie weer die password vergeet om die blog te "update" nie, daar was net nie tyd nie..
EN HIER VOLG DIE NUUS....
Crispin is altyd besig om dinge op sy maag uit te kyk...goggas, die onderkant van die kar, die diere as hulle eet of drink..en toe stel hy dit op proef om "juice" soos Nala te drink..selfs Nala het nader gestaan om hierdie affere te bekyk..en sy het ook sommer saam gedrink!

Al Ain het die mooiste sonsondergange..dit stem mens sommer rustig..

onthou ek het so 2weke terug vertel van die mannetjies rondloperhond wat sy pad na 3dae teruggevind het na ons toe? kan julle glo die wyfie het laas Saterdag aand hier opgedaag na 2 weke, sy is net VEL EN BEEN, maar heel duidelik is Zakher en Nala baie bly om haar weer te sien... Greg is net so bly! Welkom terug Soekie!

...........................................................................................
en so kom alle goeie dinge ook tot 'n einde en daar word weer plek gemaak vir nuwe dinge, veranderinge en aanpassings....
Ek het my huispos verruil vir skoolgeepos...siende dat ek nou Early Childhood Development swot is dit ook goeie blootstelling om dit prakties toe te pas...dink so...
Hier is ons oppad skooltoe, ek het 2 weke voor die skool begin het begin werk, my klas mooigemaak en voorbereiding vier die kleingoed gedoen- 4-5jariges.
Op die stadium is Crisi nog heel gemaklik met die idee om saam mamma skool toe te gaan, daar is 'n "nursery" vir die onderwysers se kinders in die skool waar 'n "nanny" na hulle omsien terwyl die ouers werk...

na die laaaang vakansie is die kinders bly om skool toe te gaan!

...uiteindelik skooltoe!

Na 2weke se harde werk is die klaskamer reg vir die kiddies om te kom! Ek dink ek is banger vir hulle as wat hulle vir skool is!

NET EEN KLEIN PROBLEEMPIE.....
die naelstring is nog BAAAIE styf vas!
ons avontuurlustige, ondersoekende...
eiewyse en "ek self doen" seuntjie
...is GLAD nie ingenome met die nuwe verwikkelinge in die Sloan huishouding nie..die klaskamerblyery staan hom glad nie aan nie, hy wil uit buite toe en speel en vry wees!! Die kleintjies mag nie uit om te speel nie want die grotes mag hulle dalk net seermaak..Crisi huil sonder enige teken van ophou, met die gevolg dat hy elke dag in die klas saam my beland het, niemand kon met hom huishou en hy het al die ander laat huil!
********************************************