Saturday, 08 August 2009

Agteros se handskrif...

Charmaine het my baie lank terug getag om my handskrif te sien..gaan lees op Charmaine en Sandra se blog( let wel gaan kyk by older post..dis baie lank terug gedoen)
Julle sal 'n link kry om meer oor jou handskrif en sommer ook jou persoonlikheid te leer, baie interessant en die moeite werd om te gaan grou in die ouer pos.

Ek is links...tot baie mense se frustrasie, veral my juffrou wat my moes leer brei..ek kan nou nog nie brei nie! Almal het alles probeer, soos om my voor 'n spieël te laat sit en my ma agter my om die konsep van brei reg te kry maar helaas! Ek hoef seker nie uit te brei hoe ek gril vir die gevoel en die "gesqueak" van wol nie! Simpel goed soos broodsny..almal weet as ek die brood beetgehad het, dankie tog vir gesnyde brood! Maar vir werk staan my hande glad nie agteruit nie!

3 comments:

Sandra said...

Jou skrif is baie netjies en leesbaar! Kan nie glo jy skryf links met so 'n skrif nie :-). En jy's reg - jou hande staan vir niks verkeerd nie en wat jy doen doen jy uitstekend.

Charmaine said...

Hi Vicky, lekker om die briefietjie te lees en ja, my ouma was ook links en dis baie spesiale mense wat links skryf. Dit beteken jou kreatiewe kant is goed gestimuleer en dis waar. Jy is kreatief en baie besonders. Dankie vir die saamspeel.

Sandra said...

Lyk my ons moet jou maar tag om 'n blog te kry :-). Loer bietjie jy is getag!! Dis 'n nuwe een