SUPRISE!!!!
Die lekkerste deel.... die geskenk oopmaak.
My skat BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG !!! Mag die Here jou seen met gesondheid, geluk, en baie liefde!!!!! Jy beteken vir ons meer as wat jy besef en ons waardeer alles wat jy vir ons doen...selfs die weggaan...ons verstaan..... mis jou en lief jou stukkend!!!
Geluk wense uit Namibia
Hi
Veels geluk met jou verjaarsdag en mag die Here jou uit jou sokkies uit seën.
Hoop jy geniet jou dag en dat jou gesin jou baie sal bederf en drink 'n wyntjie en eet 'n stukkie koek op ons. Wens ons was daar by julle gewees.
Lief jou ongelooflik baie en mis julle.
Blaas 'n kersie en stuur vir ons die foto. Ek en Ricky het nou die dag foto's gekyk en die foto gekry waar jy jou 16e verjaarsdag kersie op Kunemus dood blaas. Het lekker gelag.
Baie liefde
Paul en Steph
Hallo daar al my geliefdes, Baie Geluk met jou verjaardag ou Broer hoop dit gaan 'n baie lekker dag wees en dat die Here jou sal seen en baie jare vir ons spaar.
Gaan dit darem goed daar met almal en wanneer begin Vic werk en kiddies skoolgaan?
Ja ons word nou almal oud ne maar moet die beste daarvan maak.
Ons gaan Vrydag huistoe Steph hul gaan by Hardap hengel, on shet so lekker gekuier die kinders is Saterdag terug Kaap toe en nou is dit verskriklik stil en dood hier.
Lief en mis jul baaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaie, gaan miskien nog in die jaar kom kuier.
Ousus en Japie

No comments:
Post a Comment