Hier staan Celine by haar Amerikaanse maatjie, Logan. Logan se oupa werk saam met my en hulle kom van Oklahoma af.
Besig met hulle opvoering
So veraf skoot van die verhoog. Een ding wat nogal 'n irriterende faktor is van skool opvoerings is die mense(ouers) wat dit bywoon. Dis asof die mense nie etiket ken wat opvoerings aan betref nie. Die ouers sal sit en gesels met mekaar terwyl die opvoering aan die gang is of hulle sal sommer so voor gaan staan en videos neem of fotos asof almal maar deur hulle moet sien en sal verstaan. Nogal nie aangenaam nie.
Dis oral so in al die skole wat ek nou al gesien het. Dit slaan my dronk dat die Hoof van die skool daar voor sal sit en nie eers die moeite sal doen om die ouers te vermaan of te versoek om asseblief te sit nie, want dit is nou maar so, die hoof is ook van dieselfde kultuur en stoffasie. Ek kan al hoe meer verstaan hoekom daar so baie konflik in die deel van die wêreld is. Van die mense is so vriendelik maar dan is daar die wat behoorlik ongeskik en ongeduldig is. Die eerste ding wat aan 'n motor gediens word is die toeter/ hooter want dit word daagliks gebruik dan word die res van die kar gediens! hahahaha!!! Hulle sal selfs toet as die lig by die verkeerslig oorslaan na groen om seker te maak jy het gesien dis groen en jy sit nie en slaap nie. Ongeduldig se moses!

8 comments:
Danksy Sandra het ek ook jou lekker blog ontdek....
Ek lees lekker hier
Kan jy nou meer! Ongeskikte ouers... Dit was lekker om hier te lees en julle 'arbeidertjie' is te pragtig!
Hello Pikkie ons kuier nou by lekker mense rond hie hie. Glad nie meer so boring soos daar by ons tussen die bakleiery nie.....
Julle gaan almal nog baie kwaad wees vir my. (bloos ek sommer)
Ons wil lees!!
hallo die Sloans... jinne en intussen gaan daar weer klomp goed op julle blog aan en ek mis alles. Nou het ek weer lekker opgevang. Ek stem nogal saam dat die ouers van die plek nie weet van konsert hou nie. Maar hoe ookal... dis goeie selfbeeldbouers vir die kinders en Celine lyk pragtig.
Nice blog! Sal gereeld kom inloer.
Alhoewel ons nog nie self kinders het nie, woon ons al ons peetkinders se konserte by. En dis te dierbaar! Hier bly die mense nog stil tydens die konsert en gee aandag aan wat op die verhoog gebeur.
Veg ek nou my pad oop hier tussen die stof en spinnerakke deur!!! Gee ons tog weer bietjie nuus asseblief...
Vicky julle in die dorp die somer?
Post a Comment