Hello julle. Sjoe dit gaan reën, sneeu, hael, donderweer, noem net wat julle wil maar sorg dat julle binne bly want die Sloan's het weer iets op die blog gesit. Jammer aan almal wat so getrou die bladsy oop maak met die hoop op 'n ietsie nuut en dan moedeloos dink Crispin verjaar nog steeds met sy vissie.
Ons was by die skool se Talent Show gewees Donderdag, 24ste. Dit was nogal lekker. Ek voel net die tyd was nie reg nie want die meeste ouers werk en kon nie die konsert bywoon nie. Die tyd was 12h00 gewees en daar was skaars ouers teenwoordig. Maar wat tel is dat ek en Vicky daar was om na Celine se optrede te kon kyk. Sy en haar klas maaatjie Jasmin, ook 'n Suid Afrikaner, het Vader Jacob gesing en toe het hulle ander klas maatjie Lea dit in Frans gesing aangesien sy van Frankryk is.
Dit was regtig so mooi gewees. Jasmin se Ma, Sylvia, het besluit om vir Jasmin 'n rok te laat maak en toe vertel Celine haar Ma. Vicky besluit dat die kinders seker maar dieselfde moet lyk en materiaal word gekoop. Nou moet ek noem die materiaal kos 44 dirham (R85-00) en die rok se maak was 150 dirham(R287-00). Vicky het besluit sy maak sommer die rok want 150 dirham vir 5 minute se gebruik is te veel. Dit het haar so +- 12 ure geneem om die rok te maak. Die verskil is skaars sigbaar soos julle kan sien op die foto.
Hier sing ons jong IDOLS hulle harte uit op die verhoog en hulle geniet dit terdeë. Hulle het nie eers stage fright nie. Sommer natuurlike opvoerders.
Ons hoop ons het nog baie sulke opvoerings.

1 comment:
WOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ons het dit so geniet. Baie, baie dankie. Vicky die rok lyk STUNNING. Mis julle en is lief vir julle.
Hoop om weer gou van julle te hoor.
Post a Comment