As ons dink aan 'n huis dan sien ons mos dadelik die prentjie van die voorkant van 'n huis met sy voordeur en 'n venstertjie. Baie keer dan skets ons sommer 'n paadjie wat so na die voordeur toe loop. Van ons kunstiges sal dan sommer 'n buite kraan byvoeg wat 'n druppel het wat nog aan die kraan se tuit hang. Dan sal ander weer 'n boom aan die kant van die huis bysit met heuwels aan die agterkant, ag en so kan ek aangaan om te vertel dat party gras polle sal teken....maar julle kry die idee? Ietsie sommer plain en simple. Niks fancy nie. Soos hierdie prentjie.
Maar dit lyk my vir ander is 'n gewone huis nie genoeg nie en hulle soek iets unieks. En daarom wou ek met julle hierdie huis deel. Nie net is hy uniek nie maar hy staan alleen so op 'n effense hoogtetjie gebou, in die woestyn. Ek sou graag wou sien hoe lyk so plek binne, en kan maar net myself indink, as die ontwerp so uniek is? Hoeveel male het ek nie gesmag na die lekker blou van die swembad as ons so in die hitte gevlieg het nie, want ons helikopter het mos nie Aircon nie. Die foto se kwaliteit is maar selfoon kamera kwaliteit, maar ek dink julle sal die uitleg verstaan.
Die huis is in drie dele gebou en ek neem aan almal kom maar in die middel byeen. Die swembad loop regonderdeur die een vleuel. Aan die regterkant van die foto is daar 'n dam met 'n buitehuisie/ Lapa in die middel van die dam. Voor die gras geplant was het dit dor gelyk, maar nou is dit mooi. Ek dink as die tuin eers gevestig is gaan dit 'n lushof wees. Mense en hulle idees...dit net vir 'n dak oor hulle koppe?

4 comments:
my skat ken jy die liedjie van die dwase man bou sy huis op die sand..? kan dink hoe vol sand alles is..
maar ja dit lyk na 'n nice villa!
Hi Greg, dis 'n reuse plek. En dalk het die Arabier besluit in plaas van drie huise drie vleuels aan dieselfde huis vir die drie vrouens. Hoe sal ons weet. Mens moes kon gaan kyk. Vicky ek stem saam. Die huise is letterlik op sand gebou.:-)
Dis mooi maar wil mens regtig in so 'n huis bly? Myne voel al te veel vir my. Julle boeke is hier, wanneer kom julle dit haal?
Die kamele heel bo aan julle blog is vreeslik mooi! Ek is mal verlief daarop!
Liewe aarde maar die huis is groot!
Ek sit nou net en wonder hoe hou hulle so reuse plek skoon? Soos Sandra noem, my huis is al klaar te veel vir my!! he he Omdat ek natuurlik 'n goedjies mens is, ek stof heeldag af! Veral nou ...... Gauteng is erg winderig en vol stof!
Post a Comment