Celine het natuurlik nie verwag nie dat dit hierdie jaar sou realiseer nie..want mamma was heeldag uit..(Ester..Ken jou naam konferensie-Wat 'n GESEENDE Inspirerende DAG!!! ), ons 5 vroue van Al Ain het lekker terug huistoe verdwaal(nie volgens die GPS nie) en eers 21:00 huisgekry..maar meer daarvan later..
Gelukkig het Pappa heeldag "vry" gehad en opdrag gekry om solank die koek te bak...sodat mamma net kan kom pleister... Daar breek die wasmasjien, die lugversorger reen emmers WATER op die spieelkas, kids moet eet en.. en... en die horlosie stap aan..ek hoor Pa het omtrent gestress..gelukkig kom Pappa se maatjie..ook 'n pappa...tot sy redding en terwyl Lien se pappa "handyman",mamma en huisvrou speel ,bak Oom Pieter sommer gou-gou Celine se koek...
Ja julle, mense wil weet of ons nog nie van Al Noor Bakery gehoor het nie.. dis net nie dieselfde nie.. die skepping is profesioneel, die smaak seker ook en boonop alles stressvry..maar waar's die liefde???..party sal weet wat ek bedoel..My Skat.. BAIE BAIE Dankie vir jou LIEFDE! Pieter Baie Dankie vir jou reddingsdaad!
Veels Geluk Liewe Celine omdat jy VERJAAR!!! 
Baie Geluk ou Lien! Mag jy altyd so 'n aansteeklike sonstraal glimlaggie hê!Mag die Here jou oorvloediglik seën sodat jy jou doel sal leer ken en voluit sal leef vir Hom!

7 comments:
Hi julle baie geluk met Lein se verjaarsdag. Hoop daar gaan nog baie wees. Lekker om weer ietsie op die blog te sien. Waanneer sit julle 'n bietjie die vakansie foto's op.
Stuur baie liefde en groete
Mis julle baie. Wanneer kom julle nou kuier?
Sebil
Hi julle baie geluk met Lein se verjaarsdag. Hoop daar gaan nog baie wees. Lekker om weer ietsie op die blog te sien. Waanneer sit julle 'n bietjie die vakansie foto's op.
Stuur baie liefde en groete
Mis julle baie. Wanneer kom julle nou kuier?
Sebil
Baie geluk, Liena met jou verjaarsdag. Hoop vir sommer nog baie van hulle. Lekker om bederf te word met soveel mense wat net reg is om te help. Ek hoop dat ons nou baie van julle op die blog gaan sien. Stuur ook bietjie update fotos. Liefde, T Annatjie
Haai julle sandmense... hoe lekker om weer ietsie op die blog te sien en die tannie is 'n dag laat..Baie baie geluk met jou verjaardag Celine... mag die vreugde wat uit jou straal, altyd 'n deel van jou bly. Jy is baie kosbaar. Baie geluk oom Greg en Vicky. Ons sien julle een van die dae..
Uiteindelik!!!! Baie geluk met jou verjaarsdag meisiekind. Ons hoop dit was sommer 'n baie spesiale dag vir jou. Pragtige koek wat die manne "gebak" het. Lief vir julle
Hallo julle! Baie geluk met jou verjaardag Lien, dit lyk of jy 'n heerlike dag gehad het. Dit was heerlik om julle in SA te sien, hopelik sien julle ons volgende keer daar by julle! Geniet dit! Morne & Rozanne Erasmus
Dankie almal!! Moenie te bly raak nie...die volgende Verjaardag is eers in Junie..en dis myne, so ek blog nie daaroor nie, sal dalk weer nuus insit in Julie met Greg se Verjaardag..
Post a Comment