Toe ons instap toe sien ek nee wat sy slaap vas. Ons moes harder sing net om 'n roering te kry en toe uiteindelik ontwaak dit......
Wat julle nie kan sien nie is dat Celandre agter gereed staan met die brandblusser, just in case! Net 'n grappie, maar hoor hier dit raak nou gevaarlik met die kerse saam. Teen die tyd dat jy alles aan gesteek het dan het die eerstes al uitgebrand. Hulle maak ook nie meer kerse soos hulle dit gemaak het nie.
Tyd vir presente oopmaak en Crispin lê ook nader. Ons verjaardag girl is nog lekker deur die slaap. Almal was sommer so lam gewees en ek besluit toe hier het ons,
"KOFFIE" nodig.............
My Engel dis lekker om dit vir jou ook spesiaal te maak.....altyd!

2 comments:
Sy's oulik, kan sowaar al die kersies met toe oe doodblaas :-). Bly iemand het hierdie keer vir jou koffie gebring Vicky! Hoop jy word die res van die dag ook lekker bederf!!!
Baie geluk Vicky. Vir die volgende verjaardag kan hulle twee koeke bak vir al die kersies. Jy moet 'n wonderlike jaar he
Post a Comment