Ek wens vir jou "GENOEG"...op jou spesiale dag en die jaar en baie jare vorentoe...sodat jy vir altyd 'n gevoel van tevredenheid sal hê...
Baie geluk met jou Verjaardag!!! Mag die Here jou seën en nog baie oud laat word saam met ons, so oud dat jy sal dink jou kinders se kleinkinders word nou oud!
Lief jou BAIE!!!
38383838383838383838


7 comments:
Baie geluk Greg. Geniet jou spesiale dag vandag en net die mooiste wense vir die nuwe jaar. Wanneer eet ons saam hier in AD?
Baie dankie Sandra. Sommer binnekort. Sal vir jou so paar datums stuur dan laat weet julle net.
Baie geluk Greg en Vicky met jou man se b-day! Mag jy (Greg) 'n geseende jaar ervaar!
Groete
Siegfried, Mariette, en Christiaan!
Baie dankie julle. Ek het sovêr 'n baie lekker dag gehad.
Mooi bly.
Haai julle Sandmense...ek mis julle. Baie geluk met jou verjaarsdag Greg.. al is ek ernstig mostert na die maal. Mag die nuwe jaar 'n baie spesiale en geseende een wees. Wanneer kuier ons?
Hi Charmaine, al het jy volgende week eers my geluk gewens met my verjaardag sal dit ook reg gewees het. Baie dankie ek waardeer. Ja ons gaan so in volgende week AD toe kom want Lana trek dan gaan ons hand gee. Sal laat weet en kyk of ons 'n kuiertjie kan inpas. Mooi bly.
Dit sal sommer baie lekker wees. Sien uit om vaan julle te hoor
Post a Comment