Saturday, 12 September 2009

Die groot storm na die TAG gepos is...

2 Dae terug ry ek en die kinders dorp toe en luister na Laurika se musiek en die kinders sing uit volle bors..." ..stuur ons net so bietjie reën..", ja ons smag na 'n paar druppels afkoel in hierdie snikkende hitte..

Gister werk ek toe aan die blog-TAG terwyl die kinders televisie kyk en ek hoor erge donderweer maar ek dog dis die televisie wat so hard is... tot die kinders begin gil en skree dat dit gaan reën..
Toe ek by die venster uitkyk was dit net sand en wind, die kinders het die reëndans op die stoep gedoen en toe val die druppels, selfs die hondekinders het gejubel!!! Vir die van julle wat dink ons is mal..ja ons is mal...vir reen omdat dit so min gebeur hier, elke keer wat dit reen is vir ons soos 'n eerste keer! (fotos is heelonder, ek kry dit nie opgeskuif nie..die ou wat moet help is by die werk..)
###
Die druppels het nou wel na 10 minute opgedroog maar die lekker briesie daarna het vergoed..min wetend watter skade in die dorp aangerig is, dit het ons eers vanoggend aanskou..


palmboom onthoof..strate was besaai met palmtakke..die kinders reken dit het so gelyk waar die mense palmtakke vir Jesus op die pad gegooi het..
..karre het gestop en mens het takke uit die strate verwyder...

..straatlampe is omgewaai...
..takke is afgeslaan..
..advertensieborde is omgewaai...
..die Sloan's het groot geskrik om te weet weerlig kan so kragtig wees..
..groot bome is ontwortel...
..Crispin kon die versoeking nie weerstaan om deur die plasse te hardloop nie!

..padtekens omgewaai..

Die kinders doen die reëndans...
Daar is niks so lekker soos die reuk van REEN nie!!!
Het daar dalk ook so iets in Abu Dhabi gebeur? As dit net hier in Al Ain was kan dit dalk wees omdat daar geblog is...








3 comments:

Mariette. said...

Wow!! verstommend! Nee ons het niks hier in AD van dti gehad nie, ek weet nie van in die stad nie maar beslis nie hier by ons nie.

Lekker week!

Sandra said...

Sien jy wat gebeur as jy blog!!! Mooi man hou aan met blog :-)!! Ons het geen storm gehad nie, maar wel 'n bietjie vuil reen deur die nag.

Charmaine said...

Ek het in die koerant gelees van die groot skade in Al Ain en mens kan dit amper nie glo nie. Ek wens vir bietjie reen hier. Dis darem WARM jong en afkoel is min. Sal sommer saam met Crispin kaalvoet in die plasse gaan loop. Ek het dit as kind gedoen...."stuur ons net so bietjie reen"...