Thursday, 28 May 2009

Tannie Annatjie Verjaar!!!

Baie Geluk met Tannie se Verjaarsdag!

Mag Tannie met gesondheid, geluk en hope liefde geseën word!

Tonne liefde,

Greg, Vicky, Celandre, Celine & Crispin

Tuesday, 19 May 2009

Ditjies en Datjies

Ons het 'n bietjie lanklaas geblog, was bietjie besig..het getrek, met vakansie gegaan..o ja en bietjie skoolgehou ook..
So ek gaan probeer om net so bietjie fotos op te sit sodat almal kan sien ons is nog OK en baie besig..

Dubai Sevens
Greg en Celandre saam met 1 van die Bokkies..
Celandre en Celine saam die "nursies"

Celandre, Celine en Florencia saam die pienk manne! Celine lyk heel "embarrased" om saam die pienk "DARE TO BE DIFFERENT" manne gesien te word..of is dit oor die Argentynse vlag oor daardie gesiggie?..
SEVEN'S
Wat 'n gesig..Crispin oefen solank vir die All Blacks se "mean face" Haka.
***

Wednesday, 22 April 2009

Geluk met jou verjaardag Sebil.

Baie geluk met jou verjaardag Sebil.
Jy moet 'n baie, baie lekker dag hê.
Jy word nie ouer nie net mooier!
Mis julle baie.

Sunday, 12 April 2009

Lientjie baie Geluk met jou Negende Verjaardag!!!

Nie eers met blog is ek so gereeld soos met ons "gesinsVerjaardagtradisie"nie ..en dit is om die Verjaardagsussie,boetie of Pappa met 'n selfgemaakte, VERLIGTE koek wakker te sing!

Celine het natuurlik nie verwag nie dat dit hierdie jaar sou realiseer nie..want mamma was heeldag uit..(Ester..Ken jou naam konferensie-Wat 'n GESEENDE Inspirerende DAG!!! ), ons 5 vroue van Al Ain het lekker terug huistoe verdwaal(nie volgens die GPS nie) en eers 21:00 huisgekry..maar meer daarvan later..

Gelukkig het Pappa heeldag "vry" gehad en opdrag gekry om solank die koek te bak...sodat mamma net kan kom pleister... Daar breek die wasmasjien, die lugversorger reen emmers WATER op die spieelkas, kids moet eet en.. en... en die horlosie stap aan..ek hoor Pa het omtrent gestress..gelukkig kom Pappa se maatjie..ook 'n pappa...tot sy redding en terwyl Lien se pappa "handyman",mamma en huisvrou speel ,bak Oom Pieter sommer gou-gou Celine se koek...



Ja julle, mense wil weet of ons nog nie van Al Noor Bakery gehoor het nie.. dis net nie dieselfde nie.. die skepping is profesioneel, die smaak seker ook en boonop alles stressvry..maar waar's die liefde???..party sal weet wat ek bedoel..My Skat.. BAIE BAIE Dankie vir jou LIEFDE! Pieter Baie Dankie vir jou reddingsdaad!

Veels Geluk Liewe Celine omdat jy VERJAAR!!!

Baie Geluk ou Lien! Mag jy altyd so 'n aansteeklike sonstraal glimlaggie hê!Mag die Here jou oorvloediglik seën sodat jy jou doel sal leer ken en voluit sal leef vir Hom!

Nou is dit opstaantyd vir 'n FUN...stressvrye WATERPARKdag!!!

Friday, 26 December 2008

Deel 3: Update..Die storm..

Die storm wat Dibba gaan tref is nou wel nie groot water of wind nie, maar wel 'n elle lange 4km
ketting van "vakansiegangers"!
Ons het deur die dorpie "Masafi" gery

Kyk net al die opblaas diere- lyk soos die "ku-ku" shoppies in die townships..

Die matman rol ENTOESIASTIES matte oop!

Op soek na ' n souvernier..

Kamele op soek na kos..dink so..

Dis 'n mooi landskap..op is dit sandskap?

Poot-uit pak ons die rit aan..huis toe..
****************



Thursday, 25 December 2008

Geseënde Kersfees!!!

*******************
Ons wens almal 'n Baie Geseënde Kersfees toe! Mag julle met Jesus se teenwoordigheid gevul word..Vandag en elke dag van die Nuwe Jaar wat voorlê!
******************************
Mooi blomme nê! My romantiese "Beter-helfte" het my verras met 16 Pragtige Rooi Rose.. Vir ons 16de Kersfees saam...


Manewales by die Kersboom..eintlik so opgewonde ons kan net nie meer WAG nie!*************
OOOOEPS..wat fluister sy vir Kersvader?

"Pappa..Mamma het gesê ek mag nie met vreemde omies praat nie"

***************************************

Tuesday, 23 December 2008

'n Gelukskoot!!!

Ons was heel in 'n vakasiegees en glad nie lus om huistoe te gaan nie, maar elke hotel wat padlangs adverteer word is VOL! Toe vat ons maar 'n "joy-ride" deur Fujairah se straatjies...

.en al met die see langs, toe ry ons bietjie uit Dibba toe om te kyk hoe lyk dit plekkie waar ons so 2 jaar terug gekamp het..




Grooot was ons verbasing toe daar 'n hotel 'n paar tree van ons kamp"spot" gebou is! Vinnig het ons gaan uitvind of daar enige plek is vir nog 'n nag.. Kan julle glo hulle( Oman) is een dag agter die UAE en hul Eid het nog nie begin nie- die plekkke is nie eers 10 minute uitmekaar nie..as jy nou soos 'n vrou dink..soos ek.. Maar dit nou daar gelaat- Daar is plek!

Die girls hou net vakansie! en hulle het die heerlikste kos...kyk net die stoele se ruglenings..
Laatslaap is vir die voëls..wie wil so 'n sons-opkoms mis?..Celandre..
Golden Tulip Hotel se gaste was stil maar verder af langs die see was al Baie kampeerders! En dit was WARM, maar almal het lafenis in die see gesoek..honde, kinders en wie ookal wil.





'n Man wat klein vissies gevang het wou Crispin wys hoe maar hy wou niks weet..Celine het ewe waffers die stok gevat en gou-gou haar eerste vis gevang!


en hom weer vrygelaat..

Toe is dit tyd vir swembadmanewales! Ons het skoon vergeet Crispin het nie sy opblaas swembroek aan voor hy heel onbewus inge"jump" het!
Heel kordaat het hy kant toe geswem en homself uitgehelp!



Gedog ons is te "oud" vir sulke toertjies...toe nie..



"Monkey-see-Monkey-do.."

..dit lyk baie veiliger Celandre..
Tyd vir Ontbyt!!!

Heel oorspronklike naam ne?

Merke, Gereed...EET!!

Die pad terug huistoe.. die dorpie groet ons met Good-Bye..

.....min weet hy van die storm wat hom gaan tref oor minder as 'n uur...

meer daarvan op die trae blognuus..om..wanneerookal..