Monday, 22 December 2008

Update na die groot stilte..See toe!!!


Net so na Crispin se Verjaardag en voor Eid(die fees-sessie na die vas-sessie) het ons besluit om 'n kort wegbreek te vat see toe... Dit was 'n groot opgewondenheid al was dit net vir 2 dae! Die klipperige Hayar berge het so 'n growwe prag, heel anders as die asembenewende berge in Nieu- Zeeland op Charmaine se blog..ek dink my water sal breek as ek daarlangs moet ry..





Sjoe die klei potte in Khorfakan wil amper hoër as as die geboue wees..

aaaah en hier is die see, mens ruik dit mos eers voor jy dit sien...


Die ingang van Royal Beach Hotel waar ons oornag..as dit Eid is die volgende dag dan moet ons uit,dan is hulle vol geboek..maar as die maan nie verskyn nie en dis nog nie Eid nie dan bly ons nog 'n nag..Confusing nê..praat van met die maan gepla..



In die ontvangs is "die drie" weer lekker laf..pa skryf dit af aan opgewondenheid..


Celandre en Celine ry saam die hotelbestuurder in sy "club"kar na ons chalet.


Celandre kruip buite weg terwyl ons uitpak..

Voor ons kon sê MES was Crispin en Celine af see toe!!!


..ons het lekker in die swembad baljaar..


Die berge aan die agterkant en die see aan die voorkant en die groen gras langs die kant is net die regte doepa vir 'n rustige gemoed...behalwe vir die maan-kwessie..

Die maan het toe verskyn en ons is na een dag en nag se "explore" weer op pad... Eid het begin!

2 comments:

Sandra said...

So lekker om weer van die Sloans te lees en dit klink of julle groot pret gehad het!

As ek nie weer met julle praat voor Kersfees nie, he 'n Wonderlike Geseende Kersfees en net alles wat mooi en goed is vir 2009.

Liefde

Sandmensie said...

Sjoe dit was omtrent pret..BAIE DANKIE!!! Geseende Kersfees ook vir julle!!! Mag julle ook 'n Voorspoedige en gelukkige 2009 beleef!!!
Al ons liefde!