16 Augustus
********************

******************
Ons plant..Ja Riek ek plant nou eers my plantjies uit wat jul Februarie vir my gegee het, al die pad van Suid-Afrika af!
Die oom by die plantesouk(mark) was so gaaf om vir die kinders elkeen 'n plantjie verniet te gee. Hulle is so in hulle skik dat hulle dit sommer die volgende dag vroegoggend wou plant
...so jaaaa versigtig word hierdie kosbaarheid uit sy sakkie gehaal.. stewig in die grond..
'n trotse plantertjie!
nou is dit my beurt!
voor ek kon help of "lecture" is Celine se plantjie al in die grond!
Crispin berei eers sy grond voor..water, water, water..
..en nou vir die "pantjie"...
sussies is gretig om te help en Crispin....
gooi net nog water....
en plant 'n saadjie!
**********************************************

3 comments:
Mooi kyk na die nuwe plante ouens. Mens vergeet maklik van hulle. Ek geniet die kuier saam met julle vreeslik baie. Voel amper of ons weer in dieselfde dorp bly.
Liefde Charmanie
Dankie vir die terugvoer oor Odelia. Ons hou aan bid vir volmaakte werk in haar lyfie.
Vicky wat gaan jy sonder hulle doen as die skole begin hm :-)? Geniet die laaste paar dae!! O ja en as jy nie die koeksister kom haal hierdie week nie, is ek verplig om hulle op te eet.
Hi julle almal
Ja uiteindelik het ons internet by die huis, nou kan julle ook weer meer van ons hoor.
Baie dankie vir die gelukwensing. Ons waardeer dit baie!!!
Ek wil net se julle het 'n pragtige seuntjie, ek wil hom net opvreet,(hoop ek het eendag 'n dogtertjie, ek sal haar grootmaak net vir hom, let wel klem op eendag) en die 2 meisiekinders, kan nie glo hulle is so groot en net so pragtig nie. Ek gooi julle ook nie weg nie. 2 Besonderse, spesiale ouers met pragtige kinders.
Baie liefde Daleen
Post a Comment