Thursday, 09 August 2007

Net so ietsie oor ons verblyf in Al Ain sover...ja ons is nog hier!

Julle almal weet mos ons het Al Ain toe getrek,sjoe dis al 4 maande wat ons hier bly! nou ja ons kan nie sê hier gebeur niks nie want ons het nog nie "explore" nie- behalwe vir eenmaal by die Hot Springs..dit is so warm jy kan net 'n beker en 'n pakkie nescafè/teesakkie(Sandra en Charmaine ek weet julle sal kans sien) saamvat..die kookwater is klaar daar! die hitte voel vir my ERG(Mamma September was NIKS!),baie erger as in Abu Dhabi, seker omdat hier nie humiditeit is nie.
Ons bly baie lekker hier buite op die plaas..sowat 18 km uit die dorp..lekker stil, geen verkeer...o ja en geen winkels, so geen shopping! Wanneer dit koeler is..nog so 2maande dan sal ons die dorpie gaan verken!
.......................................................................................................................................
Lana kom kuier!

Lana het vir haar 'n rydingetjie aangeskaf en besluit dis tyd om kilos op te maak sodat sy nie meer net 80km/h moet ry om die "engine" in te loop nie. Ek kan dink dat dint 'n uitmergelende rit van Abu Dhabi tot hier was, want OOOOOOOOOO dis 'n laaaaaang VERVELIGE PAD! Uiteindelik is sy hier na 2 ure...

Almal slaap in Celandre se kamer, selfs Crispin het besluit om "uit te slaap"...hy slaap nog altyd by pa en ma!

.........................................................................................................................................................................
Ons sny hare...
Anders as in SA is daar nie rerig salonne soos ons gewoond is nie, jy laat jou hare by 'n hotel doen as jy 'n aanvaarbare styl wil hê..ons was Hilton hotel in Al Ain toe..en jaaa dis meestal manne wat knip! ons was al by die kindersalonne maar.... mmmm ek dink dis meestal vir seuns of net 'n "trim", maar nie 'n spesifieke styl vir meisies nie. Alhoewel ek wou hê die man moes Crispin se hare knip het hy gesê hy doen nie boys nie ek moet langsaan na die manssalon gaan...hare is toe nie net hare nie...



Waar is die krulkop nou? Celine wil net die oom huistoe vat om ELKE dag haar krulle uit te haal!




So ja nou voel my ma koeler noudat die hare nie meer my hele rug toemaak nie.




nou is dit Lana se beurt..



nee dis nie 'n nuwe bederf by die salon nie, Crispin het net sy persoonlike rugkrapper saamgebring...




'n nuwe kar, 'n nuwe "hairdo"... smile!



Nou is dit tyd vir hare natmaak!




elke liewe padda kwaak...


....hier kom die padda....

STOUTE padda!EINA!!!!

Stoute Crisi!

Jippee! ons gaan vir Lana kuier!...."pssst...Lana nou gaan die pad nie meer so eentonig wees nie...sterkte!"

Tatta mamma!




4 comments:

Anonymous said...

WOW meisies, julle lyk te pragtig!!! Baie geluk met die nuwe karretjie Lana. Hoop jy geniet hom/haar sommer baie.

Anonymous said...

Oops, ek moes seker bysê... Charmaine het gekuier...

Anonymous said...

Ja sy vergeet altyd wie sy is. Sê Lana moet oppas vir die blou Jazz in Abu Dhabi se strate. Julle almal lyk baie "cool"

Anonymous said...

Bly jy neem die "stop dusting to heart"! Ai, ons lyk darem so jonk & sorgvry op daardie foto. Ons neem verlore eekhorings & dingetjies aan, het darem nie mak diere hier nie, geluk met julle voeltjie se vlieg, dit is baie moeilik om die outjies weer aan die gang te kry.