Julle hierdie vakansie was en is soooo lank, ons meisies is al van einde Maart by die huis en goed verveeld..of is hulle? hulle het maar net maniere om hulleself besig te hou hoor!
Sy sussies het hom opgedress en hy is heel in sy skik!
daar is maniere om 'n swembad skoon te maak...ek hoor hierdie is die lekkerste manier!
Crispin maak 'n plan om koel te bly...
Ons ontwerp ons eie klerereeks met komplimente van CARREFOUR...kettingwinkel soos Hyperama
en beloon onsself met 'n dag op die "strand" in ons eie agterplaas! Die swembadbodem bly vol sand, so dis dan die see!
..ons bou huise en pas babas op...tot die slaap intree!
hierdie ma het 'n lewendige baba so ewe toegedraai..weeg seker nie eers 10gram nie..die oulikste babavoëltjie wat ons by Karen opgetel het. Tweety was die volgende dag heel chirpy na 'n goeie nag se rus, kos(kan nie glo hoe vreet hierdie dingetjie miere nie!) en water..sy was heel luidrugtig buite in Lana se tuin dat sy toe gevlieg het...aaaaw!
sy sussies speel hom op as hul die dag lus het, maar hy gee hulle nie eintlik 'n keuse nie, anders gil hy net soos 'n meisie..
**********
Rondloperdiere en hulle ? maniere..
soos rondloperkatte 'n probleem in Abu Dhabi is, is rondloperhonde hier by ons 'n probleem, dis nou al nommer 4 wat by ons opgedaag het, ja ons versorg hulle maar hulle bly rondloop- hulle is vry...Hier bel jy die polisie om hulle in versorging te plaas, nou ja toe die wyfie op hitte raak het ek besluit dis tyd dat die huidige 2 maar liewer moet gaan...dit was nou al 3 dae terug. Vanoggend toe ek vir Greg waai en ek loop om die huis lê die mannetjie voor die agterdeur!
maar kyk hy hou nie terug nie, daar is 'n koel vertrekkie vir die tydelike gas maar weeee jy waar kry ek hom??

2 comments:
Ag is dit nie die pragtigste fotos van die kinders nie!!!... en ja simpatie met die laaaaannnngg somervakansie. Die diere sal altyd hulle pad na julle toe vind. Hulle weet waar hulle versorg sal word. Julle is wonderlik.. liefde Charmaine en soentjies vir al die Sloantjies
Ons sit klein Odelia en haar ouers op ons gebedslys. Liefde Charmaine
Post a Comment