Na 2weke se gehuil het Crisi op 'n manier besef dat ons hom nie vir altyd los nie en dat ons wel terugkom huistoe...ons het 'n nanny "geleen" wat so pragtig na hom gekyk het by die huis dat hy nie eers wakker geword het in die oggende om ons te groet nie. in die middae was hy gelukkig en sing en tel glad al bietjie in Engels. Die eerste ding wat hy altyd na 'n dag se huil vir my gesê het is ..."mamma Crisi so baie huil" met 'n snik wat my hart wou laat breek het! maar wat hy nou met 'n glimlag sê is: "mamma Crisi lekker bly by Shirly" ongelukkig kan sy nie nog langer na hom omsien nie, so volgende week is dit skooltoe vir hom saam Pappa! Hul doelwit is om kinders te laat leer deur speel, wat vir my heel normaal klink soos kleuterskole waaraan ek gewoond is, alhowel die prys nie so normaal klink nie...5300dh vir die eerste termyn....
Crispin staan nader om die oom te groet, hy is versot op mans maar van vrouens wil hy NIKS weet nie, moet seker die land wees waar hy gebore is....
hy is dadelik ge interesseerd in hierdie plek!
wipmatte....
lyk amper of hy wil belangstel in die leerspeelgoed wat hulle hom wys...
gee my wiele en ek is gelukkig...
en gly....
Nou ja Crispin meld Sondag die 9de aan vir speel, die woord skool wil hy nie eers hoor nie! Ons hoop en bid dat hy dit gaan aanvaar en geniet. mens moet seker maar die voëltjie uit die nessie laat gaan al is dit hoe moeilik! oor 'n maand lyk alles weer heel anders... ontwrigting bring ook groei mee..

2 comments:
Hallo, Uiteindelik weer iets van julle af. Die klaskamer lyk baie mooi. Kan my nog nie indink dat jy 'n juffrou is nie. Gelukkig was jy nie altyd nie. Hoop Crispin geniet die skoolganery en die dogters ook. Lief julle. Die Nortj�s
Lyk my julle het 'n bargain met hierdie "kleuterskool" ouens, hoop Crispin geniet dit vreeslik. Sterkte met jou skoolhouery Vicky en meisies geniet die nuwe skool!!
Post a Comment