Sunday, 10 February 2008

Ons moeg outjie

Nou die dag toe gaan haal ek vir Crispin by die skool. Gewoonlik dan raak hy al aan die slaap terwyl ons huis toe ry. Maar hy was nogal wakker die dag en met ons aankoms by die huis sê hy dat hy "byt" wil hê. Sy woord vir ontbyt.

Ek gooi toe vir hom sy gunsteling, Rice Crispies, in want hy wil niks weet nie behalwe sy "byt".

Ek gesels met hom land en sand terwyl ek aan gaan in die kombuis. Skielik toe praat hy nie meer terug nie en ek draai om sodat ek kan sien hoekom die mannetjie nou so stil is, en dis wat ek toe sien:



Vas aan die slaap op die stoel. Soveel vir snap, crackle en pop.

1 comment:

mensesondergrense said...

Dit is so tipies ons klein mensies wat so aan die slaap kan raak. Koester hulle, hulle word so gou groot. Lief julle. Tannie Annatjie