Tuesday, 23 December 2008

'n Gelukskoot!!!

Ons was heel in 'n vakasiegees en glad nie lus om huistoe te gaan nie, maar elke hotel wat padlangs adverteer word is VOL! Toe vat ons maar 'n "joy-ride" deur Fujairah se straatjies...

.en al met die see langs, toe ry ons bietjie uit Dibba toe om te kyk hoe lyk dit plekkie waar ons so 2 jaar terug gekamp het..




Grooot was ons verbasing toe daar 'n hotel 'n paar tree van ons kamp"spot" gebou is! Vinnig het ons gaan uitvind of daar enige plek is vir nog 'n nag.. Kan julle glo hulle( Oman) is een dag agter die UAE en hul Eid het nog nie begin nie- die plekkke is nie eers 10 minute uitmekaar nie..as jy nou soos 'n vrou dink..soos ek.. Maar dit nou daar gelaat- Daar is plek!

Die girls hou net vakansie! en hulle het die heerlikste kos...kyk net die stoele se ruglenings..
Laatslaap is vir die voëls..wie wil so 'n sons-opkoms mis?..Celandre..
Golden Tulip Hotel se gaste was stil maar verder af langs die see was al Baie kampeerders! En dit was WARM, maar almal het lafenis in die see gesoek..honde, kinders en wie ookal wil.





'n Man wat klein vissies gevang het wou Crispin wys hoe maar hy wou niks weet..Celine het ewe waffers die stok gevat en gou-gou haar eerste vis gevang!


en hom weer vrygelaat..

Toe is dit tyd vir swembadmanewales! Ons het skoon vergeet Crispin het nie sy opblaas swembroek aan voor hy heel onbewus inge"jump" het!
Heel kordaat het hy kant toe geswem en homself uitgehelp!



Gedog ons is te "oud" vir sulke toertjies...toe nie..



"Monkey-see-Monkey-do.."

..dit lyk baie veiliger Celandre..
Tyd vir Ontbyt!!!

Heel oorspronklike naam ne?

Merke, Gereed...EET!!

Die pad terug huistoe.. die dorpie groet ons met Good-Bye..

.....min weet hy van die storm wat hom gaan tref oor minder as 'n uur...

meer daarvan op die trae blognuus..om..wanneerookal..

1 comment:

Muriel said...

Dit lyk heerlik!

Geseënde Kersfees vir julle almal en voorspoed vir die nuwe jaar!!

Kersgroete