
Dit was op hierdie pragtige vroegoggend in Abu Dhabi wat ek en Crispin gaan stap het om die hoenders op die hoek te groet, want sien die treklorrie het voor die deur gestaan, ons trek Al Ain toe...op pad terug huistoe het ons hierdie vreeslike geskree gehoor...van vêr af! Ons het al vinniger geloop en net oorkant ons huis was hierdie Indiër-dogtertjie nog in slaapklere en heel deur die slaap wat hierdie klein gedroggie van die sypaadjie optel, 'n paar tree hardloop en die dingetjie dan weer neergooi- heel bang vir die dingetjie wat so oorverdowend skree! Ekt Crispin opgeraap en agter haar aangedraf, dit was nogal heel komies- die dogtertjie wat so bang was vir die dingetjie en ons wat weer agter haar aandraf, maar ek't geweet sy sal nie vir hom /haar kan sorg nie. Toe sy my sien het sy in 'n heel onverstaanbare taal gepraat-heel duidelik moes sy my gevra het of dit my "muis" is want ek het net my kop geknip en syt die katjie vir my gegooi. Nou om vir die dingetjie kos te gee, alles wat kan help is ingepak..gelukkig vir die dingetjie was Crispin nog nie gespeen nie, en sy het die volgende 4 dae op moedersmelk gefloreer tot ek by die veearts kittyformula en 'n bottel kon koop.
Dag 1...na 'n lekker bad en melkies
kyk ek kan al loop!
ek eet al vaste kos..partykeer gee hierdie ou swarte my 'n klap of ses!
hier is sy al spelerig en geniet Thomas trein net so baie soos Crisi! wanneer die trein ry is sy op.
die 2 is onafskeidbaar!

al weer groter...

al amper net so groot soos Oreo, en nou gee Nala vir ou swarte 'n klap of ses!

maar ek raak partykeer bang vir haar! sy sal haarself teen mens kom aanvlei en prrrr terwyl jy haar vryf dan sal sy jou skielik in die nek gryp en byt..en sy los nie!

kyk net die strepe op die bene, sy laat my dink aan "cat in the hat" met sy streepkouse. die kolle op die pens laat my aan 'n padda se pens dink...maar die ore laat my aan 'n rooikat se regop ore dink...

...en toe verskyn hierdie fotos in die Friday(tydskrif wat ons in die koerant op Vrydae kry). 'n Gordon's Wildcat. Haar gesig lyk effe vetter maar die strepe langs die kant van die gesiggie en die strepe op die stert...stem ooreen, om nie eers van die ORE te praat nie!

hier is wilde Gordon-kleintjies, lyk soos Nala nê? Hulle sê hierdie katte meng met "domestic" katte en verbaster dan...so Nala word "Gordy" genoem wanneer sy haar wilde streke uithaal. Sy is rerig nie normaal nie, sy is mal oor water, spring in die swembad, hardloop deur die sproeiers en verwelkom al die rondloper honde en speel lekker met hulle! Sy drink tot milo en vrugtesap! Moenie vir my sê dis oorsaak van Crispin se melk nie!
...ag kyk my twee babas! so soet as hulle slaap!
*********************