Saturday, 12 September 2009

Die groot storm na die TAG gepos is...

2 Dae terug ry ek en die kinders dorp toe en luister na Laurika se musiek en die kinders sing uit volle bors..." ..stuur ons net so bietjie reën..", ja ons smag na 'n paar druppels afkoel in hierdie snikkende hitte..

Gister werk ek toe aan die blog-TAG terwyl die kinders televisie kyk en ek hoor erge donderweer maar ek dog dis die televisie wat so hard is... tot die kinders begin gil en skree dat dit gaan reën..
Toe ek by die venster uitkyk was dit net sand en wind, die kinders het die reëndans op die stoep gedoen en toe val die druppels, selfs die hondekinders het gejubel!!! Vir die van julle wat dink ons is mal..ja ons is mal...vir reen omdat dit so min gebeur hier, elke keer wat dit reen is vir ons soos 'n eerste keer! (fotos is heelonder, ek kry dit nie opgeskuif nie..die ou wat moet help is by die werk..)
###
Die druppels het nou wel na 10 minute opgedroog maar die lekker briesie daarna het vergoed..min wetend watter skade in die dorp aangerig is, dit het ons eers vanoggend aanskou..


palmboom onthoof..strate was besaai met palmtakke..die kinders reken dit het so gelyk waar die mense palmtakke vir Jesus op die pad gegooi het..
..karre het gestop en mens het takke uit die strate verwyder...

..straatlampe is omgewaai...
..takke is afgeslaan..
..advertensieborde is omgewaai...
..die Sloan's het groot geskrik om te weet weerlig kan so kragtig wees..
..groot bome is ontwortel...
..Crispin kon die versoeking nie weerstaan om deur die plasse te hardloop nie!

..padtekens omgewaai..

Die kinders doen die reëndans...
Daar is niks so lekker soos die reuk van REEN nie!!!
Het daar dalk ook so iets in Abu Dhabi gebeur? As dit net hier in Al Ain was kan dit dalk wees omdat daar geblog is...








Friday, 11 September 2009

TAGS


Sandra het my "getag"..omdat dit al ?manier is om enige nuus van ons blog af te kry behalwe Verjaarsdagnuus..

Ek is nie 'n baie "consistent" mens nie, dis waarom ek nie so gereeld blog nie, maar as ek "huiswerk" kry hou ek daarvan om dit te doen..

Nou ja ek is getag om Sandra in EEN woord op te som! Eers het ek gedink dit is sommer 6 minute se huiswerk, maar toe neem my gedagtes my 6 jaar terug toe ons mekaar ontmoet het..

...Sjoe dis moeilik om jou nèt in EEN woord te beskryf... Charmaine jy gaan laaaank besig bly..21 jaar is 'n lang tyd!

Ek't 'n lysie begin maak van hoe ek jou kan omskryf..en toe heel verbasend spel dit jou NAAM uit!!!!


S- Streng, Sagmoedig, Spontaan, Stuur"vrou"...

A- Altyd daar, Aangenaam, Allerbeste..

N- Niks Nonsens(behalwe as dit nou by dadels kom), Nederig

D- DEEGLIK, DOELGERIG, DIENSBAAR, DIERBAAR, DISSIPEL, DIEP...

R- "Reliable", Reguit, Respektabel, Raakvatter, REISBURO..jy wys ons altyd plekke op jou blog!

A- Agtermekaar, Aktief, ..altyd 'n antwoord!


.....my Toevoegsel/Tag opdrag was toe heel interessant, dit laat mens nogal heel dieper kyk na mense wat ons eintlik as vanselfsprekend aanvaar in ons lewens..dit laat my net weereens besef dat dit Ons Vader se doel is om ons paaie met mekaar te laat kruis..en as ons Sy doel uitleef..om DEUGSAAM te wees kan ons ander se lewens ten goede verander en aanvul volgens SY WIL...


Sandra die woord waarmee ek jouwil omskryf is DEUGSAAM!!! Dankie vir die verskil wat jy in my lewe en ook baie ander se lewens maak!



Saturday, 08 August 2009

Agteros se handskrif...

Charmaine het my baie lank terug getag om my handskrif te sien..gaan lees op Charmaine en Sandra se blog( let wel gaan kyk by older post..dis baie lank terug gedoen)
Julle sal 'n link kry om meer oor jou handskrif en sommer ook jou persoonlikheid te leer, baie interessant en die moeite werd om te gaan grou in die ouer pos.

Ek is links...tot baie mense se frustrasie, veral my juffrou wat my moes leer brei..ek kan nou nog nie brei nie! Almal het alles probeer, soos om my voor 'n spieël te laat sit en my ma agter my om die konsep van brei reg te kry maar helaas! Ek hoef seker nie uit te brei hoe ek gril vir die gevoel en die "gesqueak" van wol nie! Simpel goed soos broodsny..almal weet as ek die brood beetgehad het, dankie tog vir gesnyde brood! Maar vir werk staan my hande glad nie agteruit nie!

Thursday, 16 July 2009

Lekker pamper by die Spa

Ai die lewe is darem maar lekker julle. Dis sommer so bevrydend om nou in die moderne tye te lewe en veral in die land, met die Arabiere wat so verfynd is, en nie uit te voel om ook so nou en dan gepamper te word nie. 'n Man is mos maar snaaks met sulke goed. Jy is mos " Tough " en sulke dinge is nie vir manne nie sal sommige mans nog sê.

Maar boys ek wil vir julle sê.....As jy in die Spa 'n draai maak, gaan dit jou nie 'n sissie maak nie want dit is nou maar een maal........."LEKKER!!!!!!"
My wederhelf het my getreat vir 'n "Hot Stone massage" en 'n "Marine Foot Spa". Ek is nou so kalm en rustig die wêreld kan nou maar vergaan ek sal nie omgee nie. Dit was Awesome....

Baie dankie my Engel, Dit was 'n belewenis gewees.....Jy is die beste!!
Jou Pa en Ma het waarheid gepraat....Jy is Great! Dit is maar net lekker om met jou getroud te wees!!

Wednesday, 15 July 2009

Baie Geluk met jou Verjaardag my man!

Ek wens vir jou "GENOEG"...op jou spesiale dag en die jaar en baie jare vorentoe...sodat jy vir altyd 'n gevoel van tevredenheid sal hê...
Ons hoop jy geniet jou "pamper" vandag!!!
..because you are worth it..
Baie geluk met jou Verjaardag!!! Mag die Here jou seën en nog baie oud laat word saam met ons, so oud dat jy sal dink jou kinders se kleinkinders word nou oud!
Lief jou BAIE!!!
38383838383838383838


Thursday, 11 June 2009

Lekker verjaar Hekkie

Baie geluk met jou verjaardag Hekkie. Hoop jy het 'n baie lekker verjaardag en dat jou dag sommer super lekker is. Alles wat mooi is vir jou.

Baie geluk met jou verjaardag Ricky

Baie geluk met jou verjaardag my Sussie. Mag die Here jou seën en nog baie jare vir ons gespaar hou. Ons is baie lief vir jou en verlang baie. Ons hoop jy het 'n baie lekker dag.