Monday, 28 July 2008

Land-uit!

Ja julle het reg geraai! Ons was landuit! Gevlug van die HITTIGE AL AIN...Reg in die hartjie van die verfrissende sonnige Suid-Afrika! (al is dit winter..)

Ons was behoorlik "gedress" vir die koue-"landing"




..en toe sommer Springbokkoors gekry..


Dit was ook net in die begin wat dit koud was, maar die weer speel altyd saam wanneer ons pret het...hier by Kallie die nar... die kinders het pa afgegee vir die dag...


..of altans vir die oomblik, hier haal hy weer narstreke uit!...mmm....ek meen elfiestreke!




die diere het hulle behoorlik aan die kinders vergaap!




...ons het elkeen vir 'n gesigverf gesit...

jaaaaaaa...ELKEEN!!!

hier MOES ek net die laaste aktiwiteit vir die dag inkry. nou weet ek ook hoe voel die hamsters in hul plastiekballe... jy kom net nêrens, wat 'n "work-out"..
xxxxxxxxx

nee nee dis nie die "Great Fire of London" nie....ons het verjaardag gehou!

...net jammer ons het die "extractor fan" in Al Ain gelos!!! net 'n grappie my skat...

xxxx Baie Geluk Johan en Sebil met julle huweliksherdenking die 10de en Japie geluk met jou Verjaardag die 23ste!!! Ons het jul onthou in ons kontrei!!!xxx

..oppad terug...

ps. geen pressure...ek moet uitpak...sal dan sien of ek kans kry vir blog... tot later...

Monday, 12 May 2008

Celine hou weer konsert

Celine het konsert gehou verlede week Donderdag. Sy was 'n arbeider meisie en hulle moes dans passies uitvoer op die verhoog.

Hier staan Celine by haar Amerikaanse maatjie, Logan. Logan se oupa werk saam met my en hulle kom van Oklahoma af.

Besig met hulle opvoering

So veraf skoot van die verhoog. Een ding wat nogal 'n irriterende faktor is van skool opvoerings is die mense(ouers) wat dit bywoon. Dis asof die mense nie etiket ken wat opvoerings aan betref nie. Die ouers sal sit en gesels met mekaar terwyl die opvoering aan die gang is of hulle sal sommer so voor gaan staan en videos neem of fotos asof almal maar deur hulle moet sien en sal verstaan. Nogal nie aangenaam nie.

Dis oral so in al die skole wat ek nou al gesien het. Dit slaan my dronk dat die Hoof van die skool daar voor sal sit en nie eers die moeite sal doen om die ouers te vermaan of te versoek om asseblief te sit nie, want dit is nou maar so, die hoof is ook van dieselfde kultuur en stoffasie. Ek kan al hoe meer verstaan hoekom daar so baie konflik in die deel van die wêreld is. Van die mense is so vriendelik maar dan is daar die wat behoorlik ongeskik en ongeduldig is. Die eerste ding wat aan 'n motor gediens word is die toeter/ hooter want dit word daagliks gebruik dan word die res van die kar gediens! hahahaha!!! Hulle sal selfs toet as die lig by die verkeerslig oorslaan na groen om seker te maak jy het gesien dis groen en jy sit nie en slaap nie. Ongeduldig se moses!

Saturday, 16 February 2008

Bok en Celine in die Al Ain Times....

Ons het hierdie gescan so dis nie van die besete gehalte nie! dubbekliek net op die artikel om te lees, heel lekker leesstof!



Celine lyk heel "starsruck" Ons vir jou Suid-Afrika!

Wednesday, 13 February 2008

Met die Bok van Blerk konsert toe Kom Lana by my aan en vra vir die kamera. Heel opgewonde ruk sy my uit my droom wêreld soos ek staan en luister na Bok se liedjie "Praat nog steeds my Taal". Ek dog amper hier is iemand baie belangriker as Bok soos Bono van U2 of so iets soos sy aan gaan!! Trippel rond hier voor my soos iemand wat 'n groot piepie het en nie gou genoeg by 'n toilet kan uitkom nie toe ek sukkel om die kamera uit my sak te kry.

Dis toe al die tyd Sean Els van Eden wat ou Bok se bestuurder is wat daar rondstaan en met almal klets.
Vicky besluit op slag moet sy ook 'n foto inkry saam met hom.

Lana en Aneldasaam met Sean. Dis net Tande met Lana saam. Lyk my Sean is maar 'n kort outjie as jy hom so tussen die girls sien.

Ja nee as jy 'n kans kry moet jy hom vat. Dit gebeur nie elke dag nie. More sit ek 'n foto in wat ek gaan scan van die Al Ain Koerant wat uit gekom het met 'n foto van die skare en wie staan heel voor tussen die skare in die middel van die foto?? Celine!! Whooaaa!!

Sunday, 10 February 2008

Ons moeg outjie

Nou die dag toe gaan haal ek vir Crispin by die skool. Gewoonlik dan raak hy al aan die slaap terwyl ons huis toe ry. Maar hy was nogal wakker die dag en met ons aankoms by die huis sê hy dat hy "byt" wil hê. Sy woord vir ontbyt.

Ek gooi toe vir hom sy gunsteling, Rice Crispies, in want hy wil niks weet nie behalwe sy "byt".

Ek gesels met hom land en sand terwyl ek aan gaan in die kombuis. Skielik toe praat hy nie meer terug nie en ek draai om sodat ek kan sien hoekom die mannetjie nou so stil is, en dis wat ek toe sien:



Vas aan die slaap op die stoel. Soveel vir snap, crackle en pop.

Monday, 04 February 2008

Celandre word 9!!

Dis ongelooflik hoe vinnig die tyd aanstap. 5 jaar gelede toe ons hier aan gekom was ons kinders nog so klein en nou het hulle al groot geword.

Baie geluk met jou verjaardag Celandre. Ons bid dat ons nog baie sulke lekker oggende gaan hê. Mag die Here jou ryklik seën op jou spesiale dag.
Die koek is gebak en reg
Sukkel-sukkel word sy stadig aan wakker......
...En toe sneuwel die kerse!!!!
Nou is sy wakker en dis net "smiles" hoor.
Daar is altyd tyd vir 'n gesins foto...nê Crispin??
Nou skool toe en werk toe!

Tuesday, 29 January 2008

Al Ain Airshow

Die naweek toe het ons besluit om bietjie te gaan kyk hoe vlieg die mense rond met die Al Ain Airshow. Verlede jaar het ons ook gegaan maar op die paviljoene gaan sit. Hierdie jaar het ons besluit ons wil dit van die woestyn se kant af sien.

Toe ons wil ry by die huis toe vind ons vir Nala ons kat in die kar. Lekker uitgestrek en slaap. Die katte kry koud nou met die winter. Ek praat met een van my kollegas by die werk 'n Amerikaner. Hy is al in die UAE van 1981 af en hy vertel my dat hierdie 'n baie koue winter is. Die koudste wat hy nog gekry het hier. Hy sê dat dit in 1986 ook koud was maar nie soos nou nie. Nou die oggend toe daal die kwik na 3 grade celsius.

Met ons aankoms in die woestyn is daar alreeds baie karre en Quad bikes wat op en afjaag. Ons sê net die heeltyd vir die kinders om nie te ver af te dwaal van die kar af nie. Hulle jaag soos mal goed en sal sommer oor die kinders ry. Die "show" het toe ook al begin en die vliegtuie dreun oor ons koppe met die akrobatiese toertjies wat hulle uithaal.














Die mense se formasie vliegkuns is baie goed. Dit vat seker baie oefen en tyd om so te vlieg.
Later toe raak die windjie nogal koel en ons pluk die duvet uit die kar uit. Toe voel dit darem maar baie beter hoor. Heel cozy. Crispin is al so gewoond om altyd tussen ons te wees dat hy nie laat wag het op hom om weer in te squeeze nie.
Hierdie foto het nie so mooi uit gekom nie maar ek plaas hom want dis mense wat hulleself "Wing Walkers" noem. 'n Mens moet guts hê om so daar bo te staan, moet seker koud wees.
Hierdie 2 vliegtuie het 'n dog fight gesimuleer. Amper soos iets uit die 2de wêreld oorlog. Dit was net ontploffings en rook soos hulle aan gegaan het.

Terwyl ons daar sit toe kom daar hierdie mense verby. Toe ons mooi kyk sien ons die vlaggie is eg Suid Afrikaans!! Ek moes net 'n foto neem. Ons neem ook oral oor in die wêreld lyk dit my.