Friday, 08 August 2008

Die Kinders..en die BAL...

Toe ek die brosjure met die balle op die water gesien het het ek gedink dis harde plastiekballe, maar ja ek gaan julle stap vir stap verduidelik....
Die tweetjies(Celine in die groen..weet nie wie die ander meisie is nie-maar sy weet nie waarvoor sy haar inlaat om saam ons "maltrappie" in 'n geslote area in te gaan nie..) moes in 'n 60cm oopgeritse rits-sluiter inklim...



.....dan word daar lug ingeblaas...


















Heel duidelik pla die geslotenheid nie die 2 nie, sal maar eerder nie sê wat my gevoelens daarbinne was nie!(dalk iets te doen met die feit dat ek "ouer" is)



















Hier lyk dit of hulle heel dik gesels is vir mekaar en hulle ore toedruk om mekaar nie meer te hoor nie-soos kinders mos maar maak..


NEE! As jy self daar binne is voel dit soos wanneer die vliegtuig opstyg, net erger! Die drukking in die bal is ongelooflik hoog en dis baie seer, my ore tuit sommer weer!
So gou as wat hulle voet die water geraak het is die seer ore vergete..















Celine het GEEN einde nie...















Dis tyd om uit te klim,daar is natuurlik geen limiet nie, net ellelange rye van kinders wat ook wil...kan nie dink hoe hulle so kan uithou daarbinne nie, dis rerig "CLOSTERPHOBIC"!!!


Lekker uit-asem!!!












Nou is dit Celandre se beurt....




Crispin is baie nuuskierig om te sien wat sy sussie doen maar bly op 'n veilige afstand om ver genoeg te kan hardloop as iemand hom in die bal wil indruk...slim kind..


















Die lug is klaar ingeblaas en daar is geen probleem met seer ore nie..dalk was dit daardie 2 se geklets wat te erg was...















Heel duidelik het Celandre 'n ander benadering tot hierdie bal..lyk nie of sy dit vir speel gebruik nie maar "leisure", eintlik lyk dit of sy "pose"!



Die 2 niggies vat dit maar rustig..















..en Crispin laat homself nie in 'n "bal druk nie"


















..hy vaar liewer op 'n boot..











xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

3 comments:

Muriel said...

Ek is erg closterphobic ek sal die bal storie maar 'n mis gee!!!

Die bootjie lyk lekker!!!

Eish ek loer na die termometer 41, dis vreeslik!!!!

Hoop jy het 'n spesiale vrouedag!

mensesondergrense said...

Lekker om weer soveel van julle op die blog te sien. Dankie vir julle comment. Lief julle. Groete, Oom Piet en Tannie Annatjie

Anonymous said...

Dit lyk na vet pret!
en die kidz het dit beslis geniet as ons so na die pix kyk.

net 'n vraag? waar presies is daardie plek waar julle geswem het toe dit so lekker begin reen het?
ons wil ook bietjie gaan ondersoek in-stel.....