Monday, 18 August 2008

Sandra, Charmaine en Nelmari kom kuier vir ons!

Julle ons bly al 'n jaar en 5 maande in Al Ain en dis die eerste kuiertjie wat ons van inkry...ons het mekaar regtig nie vergeet nie maar dit werk elke keer so uit dat wanneer hulle in Al Ain kom dan is ons in Abu Dhabi!
Sandra het natuurlik verslaggeefster en paparazi-bloed in haar are en sy het die beste fotos geneem en die nuus al vertel, so kliek op uitentuis se blog hier langsaan om ALLES te sien...
Sandra en Charmaine het ons en die lede van die Al Ain Kinderkerkgroep kom touwys maak oor les-aanbieding en musiek vir die kinders. Dit was baie leersaam en interessant, kyk hulle mag maar! Mens kan nie help om sommer opgewonde te raak om die kindertjies na Jesus toe te lei!
********************************
Alles was nie net werk, werk, werk nie..

















Jammer maar ek is 'n swak rugbykyker...ek moes net altyd Greg se seer "grassburns" en spiere nurse..dis al wat ek daarvan weet of geweet het VOOR die skare in ons sitkamertjie begin "refferee" het..jo jo jo.. toe weet ek die is nie 'n goeie "game" nie...ek moes hulle lawe met tee en koek om hulle monde stil te kry...


















...iets sterkers te drinke was buite die kwessie..die mense was klaar kwaai! Maar gelukkig het Sandra almal gerus gestel dat ons nog steeds die wêreldbeker het...















Daarsy! Ek is nog steeds 'n rugbynurse, dit was nou wel nie "grassburns" en seer spiere nie maar die kwaaigeit is "genurse" met 'n koppie "betervoel"...

Dankie julle! Ons het julle kuier uiters baie geniet en dankie Nelmari dat jy ons kiddies besig gehou het,hulle het jou baie geniet!

********************************************


















Laas het einde niet...nadat Greg vir Sandra hulle uit die dorp gevat het, het Louis en Retha(ook deel van die kindergroep) agtergebly en die heerlike warm aandlug (met "N PAAR REENDRUPPELS hier en daar ) op die gras-sypaadjie uitgesweet!


1 comment:

Anonymous said...

Ai Vicky jong ek lyk of ek iets sterkers nodig gehad het :-(.... en die tee en eetgoed was heerlik... dis verseker. Ons bid vir ons kinderbedienings. Hulle is so kosbaar vir ons PA. Lief julle