Thursday, 21 August 2008

Ontmoet ons diertjies en hulle maniertjies...

"Aangename kennis, my naam is Tiger, soos in Tiger Oats, Tiger Woods..ek slaap graag op Celine se bed, haar kamer is die netjiese kamer..ek weet nie hoekom hulle altyd sê 'n plek is so deurmakaar dat 'n kat daar sal kleintjies kry nie, ons is mos netjiese diere!" Ons het Tiger laas jaar by 'n Chinese Restaurant gesien en die meisies het gesmeek om hom te vat,ek het voet by stuk gehou en NEE gesê..intussen het ek slapende Crispin kar toe gevar terwyl hul vir Tiger groet..Die meisies en hul pa het Tiger in die kar ingesmokkel terwyl ek salig onbewus daarvan was dat die baba-katjie saam ons in die kar ry..snoesig in 'n baadjie toegedraai en die kar se musiek hard genoeg sodat ma nie die gemiaau moes hoor nie..die res is mos maar geskiedenis!















"my nooi neem fotos van my...ai tog daar lig
sy alweer die stert op..kan glo nie uitken
wie is wie nie...Ja ek het 'n "double"!




















********************
"My naam is Oreo soos in Oreo koekies...ek geniet dit hier buite,die koue huis tas my heupe aan dan kan ek nie lekker loop nie." Ons het Oreo 5 jaar teug by die winkel in Abu Dhabi opgetel,sy was 'n alleenloperkatjie wat toe ook so lekker in die son gelê en bak het..vreeslik maer en uitgeteer,daar is soveel rondloperdiere en ons kinders wil vir almal sorg..




















*****
Hallo almal! Ek is Buddy..soos julle my hier sien lê, so lê ek ook as ek eet en water drink, almal dink ek is lui maar dis eintlik die teels wat so lekker koel is, en wanneer die teels te koud word...


















..maak ek myself gemaklik op die bank..


















ek staan darem so af en toe op en is altyd gereed om te groet!












..en natuurlik om myself te lawe op 'n hondnatmaaksessie..wat eintlik 'n
grasatmaaksessie is...

















Buddy is ook 'n optelmaatjie wat iemand sommer net gelos het, toe hy in 'n kompleks gekry is was hy net so maer en vuil gewees, om nie eers van bang en mens-sku te praat nie! Hier is nie 'n baie groot liefde vir diere nie,weet nie of dit maar die opvoedingsfaktor is nie, maar die mense gee nie om vir diere soos ons nie, ons maak hule deel van ons gesin maar sommige mense sien hulle net as "it"! Maar ja..Buddy is 'n pragtige en baie vriendelike woef en het al baie goed gerehabiliteer!
*****

1 comment:

Anonymous said...

Wat 'n luukse heerlike vriendelike weesdierehuis. Hulle is so gelukkig om julle te he. Buddy is 'n dierbare ding met die "vriendelike poot"..:-)Min gepla met die katte. Dis nie heeltemal soos dit by my gaan nie. My twee kan nogal skoor met arme Dee en dan kry my arme twee mini hondjeis, veral Taffe, seer en duur klappe want dan moet "ma" veearts toe om 'n seer ogie te dr... en dan hou hulle nie op nie...