Die wat nie hier bly nie sal nie weet HOE warm dit hier in die UAE kan word die tyd van die jaar nie..tot jy dit self BELEEF nie, maar dink julle dit pla die kinders??? Nee dinge moet aangaan soos normaal..buite wees, gaan swem en fietsry vakansietye is net so lekker soos altyd (al is dit 47grade!)..



So sit ons maar weer op berg toe- Jebel Hafeet om te gaan swem, dit voel wel koeler daarbo as hier onder..maar dis 'n missie om uit die koel huis op te trek, seker amper soos die voortrekkers dooooerie tyd in hulle ossewaens oor berge en dale..een verskil ons karre het darem "aircons" in! Ons het toe heerlik afgekoel en die kinders het soos gewoonlik geen einde nie, toe is dit weer na die glybane toe op en af, op en af...nou hierdie klein klim en klouter in die water laat val water wat dit laat lyk soos reen, ek sê vir Greg sjoe dit sal darem Baie lekker wees om net bietjie so 'n reenbui te hoor en sien, soos hierdie speelding drup en spuit...

Greg en die kinders het nog lekker by die ander glybane gegly toe hulle vir my skree om die donderweer te hoor..toe het ek dit al geruik..daardie lekker reuk van reen wat in jou neusgate opstoot en die volgende oomblik toe REEN dit!

Binne sekondes het meeste mense weg gehardloop om uit die reën te kom.



omtrent 'n half-uur later het die Hotelbestuur die swembad "officially closed" verklaar en moes ons uit die water...ook maar goed so want toe begin die weerlig slaan!!! Wat 'n gesig, iets wat ons nog nooit hier gesien het nie..

Al ooit die gesegde gehoor van wees versigtig waarvoor jy wens...ek is bly ek het gewens...
xxxxxxx

3 comments:
Hoekom word Al Ain voorgetrek?! Wanneer reen dit weer ons wil kom kuier? Wil julle bietjie ons nuwe programme wys waaroor ons opgewonde is.
Sjoe ek wens ook vir reën, want dit beteken dit is Somer in SA. Ek wil nou net lente hê!! Die winter was sleg die jaar!!
Mooi foto's van die baljaar in die water en reën lyk so "inviting"
Groete
M
XX
Hi Vicky en Greg en kroos... ek mis julle ouens. En ja, ek stem saam. ons is erg aloerrrrssss oor die reen. Hier was net stof en wind. Ek het oor die nuus gehoor van die storm in Al Ain. Dis ongelooflik ongewoon hmmm. Die hitte is erg erg erg nou. Toe die reen verby is het julle seker gestoom of hoe?
Post a Comment