Eerste foto vir die dag,ek hoef nie vir 'n "Pose" te vra nie, dit word sommer automaties gedoen met 'n "Cheese" uitgeroep dan moet ek eers krap vir die kamera...darem sorg hulle vir blognuus.
Verby die speletjie arkade kon ons nie glip nie,Crispin hou van alles wat soos speelplek lyk..om nie eers van die gesigverf te praat nie..lyk amper of hy gaan slaap..
Wat is dit met die handgebare girls? Seker iets wat ek nie sal verstaan nie...
.."Cool"..ek lyk soos my pa..
mmm...stampkarretjies...sal nie my kar vir hierdie girls leen nie!
...Rollercoaster...tatta!! Ek en Crispin bly veilig op die vloer..ek's nie bang nie..Crisi is!
ja die perdjie lyk rybaar,nie so wild soos die rollercoaster nie!
BALSKOP! Ja DIT kan ek GOED doen!!!

..en op "Kung-Fu" Panda ry...
Maar die scary-ste deel was toe my ma vir haar gesigverf gegaan het-ons het die mense lekker BANG gemaak!!! Catwoman en Batman!!
..en op "Kung-Fu" Panda ry...
*****

3 comments:
Julle lyk tog te oulik hoor...en baie besig. :-)
Lekker om weer so baie van julle op die blog te lees. Ek was bang Liena gaan vir altyd konsert hou. Het nou nou Catwoman se fliek op TV gekyk. Jy kan nogal deurgaan vir haar. Lief julle. Tannie Annatjie.
Vicky .. hoop julle internet kom gou weer aan! Het vir jou 'n boodskap op my blog.
Post a Comment