Hier staan Celine by haar Amerikaanse maatjie, Logan. Logan se oupa werk saam met my en hulle kom van Oklahoma af.
Besig met hulle opvoering
So veraf skoot van die verhoog. Een ding wat nogal 'n irriterende faktor is van skool opvoerings is die mense(ouers) wat dit bywoon. Dis asof die mense nie etiket ken wat opvoerings aan betref nie. Die ouers sal sit en gesels met mekaar terwyl die opvoering aan die gang is of hulle sal sommer so voor gaan staan en videos neem of fotos asof almal maar deur hulle moet sien en sal verstaan. Nogal nie aangenaam nie.
Dis oral so in al die skole wat ek nou al gesien het. Dit slaan my dronk dat die Hoof van die skool daar voor sal sit en nie eers die moeite sal doen om die ouers te vermaan of te versoek om asseblief te sit nie, want dit is nou maar so, die hoof is ook van dieselfde kultuur en stoffasie. Ek kan al hoe meer verstaan hoekom daar so baie konflik in die deel van die wêreld is. Van die mense is so vriendelik maar dan is daar die wat behoorlik ongeskik en ongeduldig is. Die eerste ding wat aan 'n motor gediens word is die toeter/ hooter want dit word daagliks gebruik dan word die res van die kar gediens! hahahaha!!! Hulle sal selfs toet as die lig by die verkeerslig oorslaan na groen om seker te maak jy het gesien dis groen en jy sit nie en slaap nie. Ongeduldig se moses!

Celine lyk heel "starsruck"
